Dit is net na 14:00. My oe is dof en maak net die name uit op die ingeslote voubiljet op my bedkassie. Hy sê Adco Loperamide. Maar ek lees Adco - Loop-hy-maar-mild. En ek besef ek sal iets sterkers moet kry. Langs my voel ek die komberse ruk en hoor die deur klap. Agter op die pakkie staan "Stop die haas". En gelukkig het ons twee badkamers. Maar die probleem is ons is drie, want my dogtertjie het slegs een jaar beleef van die gebroke wêreld en toe tref dit haar ok.
Dit het begin met 'n goeie gebaar. Die ou mense was hier uit Kimberley en ons is toe oudergewoonte plaas se kant toe vir die naweek. Klein Riaan (die 5de van Job se kroos) is toe al twee keer by die kliniek op dordabis gewees. Maar oupa Rooi Willie is mos 'n dokter en hy sal na die mannetjie kan omsien. Sonder om nou myself voor uit te loop... of oor haastig te wees. Dink ek mos ons sal ongedeerd van hierdie kakastrofe afkom. Maar toe tref dit die kleintjie eerste.
Ek was die tweede wat gebuk onder die Dordabis kiem deurgeloop het. Of oorgeloop het. Dit is 'n gevaarlikke ding en hy gee jou nie geleentheid nie. Jy moet so vinnig wees om iets te keer. Dit is soos Pearl Harbour wat jy onder probeer keer maar 'n Tsunami oorompel jou in elkgeval. En dit terwyl jy nou net die babygro se knopies bemeester het, moet jy dit probeer toe kry en die haas gestop kry voor jou eie land ok ingeval word.
Dit was alles nog onder beheer... en soos ek dit sê weet ek dit maak nie sin nie so kom ons sê ek kon nog kop bo water hou want my beter helfte kon na die kind omsien en ek sorg dat ek nooit verder as 10 m van die badkamer is nie. Maar dit is toe ek hoor dat my vrou ok vergeefs roep na die eene George wie ek ok al so lank soek dat my gemoed in my skoene sak.
Sy kom in die kamer, ek wys met 'n bewerigge vinger na die arsenaal van ons skiet goed. Ons het hulle op 'n streep, Valoid, die een wat die haas stop, die versterk water en sommer Cataflam en voltarin vir die lyfseer van opspring hardloop vooroorbuk en crunchie met die maag. Dan vinnig lunge na die toilet squat op vlieg en weet jy het net 20 minuute voor die haas jou weer vang, of jy die haas moet jaag of wat hulle ok met daai bedoel.
So is Reynekes besig om te fight! dit is bloed en derms. My ma se jy kannie vir 'n ou wat naar is se jou gladde bek nie, en Jaco se dit was nou 'n vakansie om in die anale op te skryf. Al wat ek weet is dit is nie maklik nie. Arme ou Riaan!! hy was die eerste een wat moes buk onder die Dordabis kiem.
Aan ouma Sophie sterkte want ons weet die kiem het aan ouma se deur ok kom klop. En dit is soos 'n dief in die nag. Hierdie ding klop nie. Hy maak net oop, deure vensters en vents. Sonder om sy voete af te vee hol hy deur jou en die Tsunami bou net op.
Met die laaste gedagtes voor ek nou weer onder die komberse inkruip net om weer opgejaag te word op 'n tyd wat my nie pas nie sê ek sterkte Riaan, en Sterkte Job en Sophie op die plaas wat nie weggooi doeke het nie!!
Bottom line! Gee nie om wie of wat jy is nie. As die Dordabis kiem jou vat dan skyt jy!
No comments:
Post a Comment