To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

12.17.2010

Atsetute en die kaal basse

Hulle se nog altyd eks bebreklik bebore of lisdeksies. Ek dink nie so nie ek is net kleur blind dis al.
Maar as jy vinnag lees dan vestaan jy wat ek se, en dit is die belangrikke deel. So ons gesels oor Atsetute en dit is nou nie Trieksie se spene nie! Nee dit is 'n manier van leef. As jou Atsetute reg is is jy op die wen pad.

Met die regte Atsetute is alles lekker. Alles is 'n fees. Dit beteken natuurlik nie jy moet die ergste verwag nie. Dit beteken jy moet die beste verwag. En dan as dit nie so gebeur nie. So what! step off it en droom oor die volgende ding. Die lewe kan ekstreem wees of dull en net jy kan dit bepaal.

Ek praat die naweek met ou Andrew. Hy boer op Kuwinamab as ons nie daar boer nie. En as ons daar boer werk hy daar. Ou Andrew is 'n ou man wat al baie gesien het in hierdie lewe. Hy het apartheid persoonlik beleef.  Skoonpa het ok dit beleef net so lank soos Andrew maar hy was aan die ander kant van die beleef.

Die naweek het ons afsluiting op die plaas gehad vir die jaar. En voor dit eers gaan jag. Op die jag sit ek en Andrew toe op 'n tyd voor in die bakkie. Hy begin toe in my moedertaal uit die woord vir my paar dinge vertel en vertel my ok van die drome wat hy oor die laaste seve jaar gedroom het!! En daar dink ek ou Piet hier leer hierdie ou baster jou nou paar dinge van 'n book se cover!!


Want sy cover is 'n donker verumpelde leer vel met blink kykers in diep kaste onder 'n ougat hoedjie uit. Maar sy stap is vier trots en seker. Andrew die voorman van Kuwinamab word vir my Andrew die profeet van Kuwinamab.

Andrew wil graag gedoop word in 2011 iewers. Ek is genooi en mag selfs dalk die eer he om paar woorde te uiter. Dit sal 'n buitelug diens wees op die plaas en familie sal kom per donkiekar van die Dordabis omgewing.

En daar sit ons toe by die plaas jaarafsluiting. Oubaas Harry tussen Job en Andrew aan tafel, Sofie, Magdelena, die 17 plaas kinders en my sussie Elbie dans op die geklap van die Dammaras en die Namma mense se tonge vertaal in skud die kaal bas of is dit die kalbas?

Die Atsetute van al die mense wat daar werk en hoe Skoonpa elkeen met respek behandel. Sommer die kinders se skoolfonds betaal en hulle aanmoedig om skool klaar te maak. Man dis special! Dit is community en dit is anders as ons maar dit werk!

Na almal in hulle eie taal afsluit met die onse vader (hulle praat van "tjlonse tkla kliek") is ons huistoe en die volk is terug na hulle wonings soos die engele van Jacob se leer met hulle kersgeskenk kopligte in die donker maan. En ek dink......?

Die volgende dag is Boetieman weer by die skape, Magdelena in die kombuis en ek en Andrew in die jagveld. En as ons stop vir bietjie windpompsherry dan se hy die Here is goed. Hy vertel my die storie van toe hy gevra het. Hy vertel van toe hy gesoek het en gevind het. En die keer toe hy geklop het in sy blou jannas en stukkende vellies. Toe hy geklop het met sy rol twak wat uit sy mond gehang het en niks in sy sakke nie. En toe daar vir hom oopgemaak is en hy ingenooi is net soos hy is.

Dit was mooi dit was lekker. En ek lewe!! Dit is tog waoor dit gan. "The glory of God is man fully alive!"Soms is daar die reuse, maar ons sal op 'n ander keer oor hulle gesels. Vir nou en hierdie keer dink ons maar net aan Atsetute (Ek weet man mens skryf dit Atsetiete!)

Tot volgende keer!

No comments:

Post a Comment