To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

12.03.2010

Uit die staanspoor

Die Engelse.....
From out of the standing footprint. Hulle se 'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig.
So uit die staanspoor skryf ek hier paar woorde neer.
Ek sien uit die bed 'n geel vink
Ek voel self bietjie vermink
Hy bou ok nou sy huisie
Ons elkeen doen dit vir 'n meisie

So van uit die staanspoor trek ons toe gister in ons nuwe plek.
Ons pak bokse uit, ons drink koffie drink shampers en een wil heeltyd die vloer lek
In die 37 grade loop Asser en Meneer met die klavier op teen die koppie
Kom in die huis en trap oor bokse versigtig vir die kruipende poppie
Na 19 trappe bewe almal se almal se bene
Intussen probeer ons nog uitvind oorTrieksie se spene.

Maar beddens is opgemaak en die Thule se bier is koud
Ons plekkie is tussen die koppe in die veld
Laas naweek die skiet ek 'n kudu in die Boud!
Ons het alles en minnerige geld

Uit dit lei jy seker af dit gaan met ons goed. Ons is gelukkig en karring aan!
Maar na gister se vier jaar anniversary en die terugdink oor die laaste 4 jaar mis ons die Valley! en die maaitjies!
Die kamers is gereed en ek reel 'n visvang trip tot teen Angola se grens in April vir die wat wou weet!

No comments:

Post a Comment