To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

12.09.2010

Van staanspoor na voetspoor

Vir die lekker geselsie en die wat op hoogte wil bly van sake.....
Die 15de Desember maak ons spore na die kaap
Daar is klein voetspoortjies op ons wit mat in die nuwe huis
Daar is 'n voetspoor langs 'n pofadder op die plaas.
Daar is voetspore ver uitmekaar net na die een langs die slang
(en dalk so klein piepie spoor hier en daar tussen die ver spore)

Spore van perdepote al oor die rand tot by kudu kop en
die bewyse van harde saals op sagte boude

Daar is paar kudu en gemsbok spore nou ewig weg is.
Die snotspoor teen die venster en die klein handjie spore op die bank

Die Reynekes van Namibia is van plan om paar diep spore te trap hier. Dit is nie maklik om te trek nie en die nuwe land nuwe mense en nuwe uitdagings is wild! Maar al wat ons doen is dag vir dag volg jy in die voetspore wat jy WEET jy moet loop.

Want My woord sal 'n lig wees vir jou pad en 'n lamp vir jou voete.

No comments:

Post a Comment