To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

12.24.2010

Eerstes

Daar is 'n eerste keer vir elke ding, en ons weet gewoonlik nie hoe om dit te doen dan nie. Op die ou end is daar net die eind resultaat as bewys van die moeite wat in die ding inggesteek het. Die is maar trial and error. Ek sien hierdie jaar is nou amper op sy rug en ek dink aan die paar dinge wat ek vir die eerste keer probeer het in 2010. Ek sien resultate van probeerslae en hoor stories van ander mense.

Dan dink ek wat is dit wat my inspereer? Wat gee mens die drang om te skryf. Om ietsie te probeer vaspen.  En as ek dit se besef ek dit is die antwoord. Ek wil probeer om dit vas te maak. Ek wil dit vashou en nie vergeet nie. Ek wil dit verewig. ak wil kan terug gaan na die skrywe en weer die gevoel beleef van wat my in die eerste plek geinspereer het om te skryf daai dag.

Gister was 'n eerste. Dit was klein Dawid Roos se eerste verjaarsdag. Ek staan op die berg by Brenton on sea. My linker arm is lam van Suane wat op hom sit en die regter le rustig om die Spreuke 31 vrou se skouers. Die whiskey sag en goud soos die moment as die son oor Buffels baai sak. Vandag kon ek sien en dit celebrate, 'n eerste verjaarsdag. Na die party by die Ark met die suikervlakke hoog in die klein aartjies kyk ek na die blou oog seuntjie met die blou knoppe oor sy kop.

Ek sien die resultaat en dink aan die groot boek. Hy het gekyk en gese: "Dit is goed".

Die moment is onvergeetlik. Die ouers staan hier skuins links van my en ek sien die tekens van nuwe lewe in haar silhoutte. Ek besef dit is 'n eerste van baie. Vir myself le dit ok voor, en is ek besig om die vader stryd dapper en heldhaftig te stry.

Hulle se dit raak makliker hoe meer mens iets doen. Ek hoop dit is so want die eerste keer se groet was maar hard. Daar is baie eerstes in baie van ons se lewens en ek dink aan vriende en familie in die laaste tyd wat dinge erg beleef het. Ek dink aan mense en sien die nuwe jaar vol van nuwe dinge. Eerste kere nuwe kere nuwe geure en lewe. Hoop geloof en Liefde.

Ek dink aan  die oues soos Dewie en nuwelinge soos Emma. Ek sien uitdaings soos 'n 6down toer in skotland en nuwe werke. Ek dink aan besigheid en nuwe geleenthede. Dit is 'n nuwe blaai en 'n kans vir baie eerste kere. Ek dink aan die bree skouers van Lihan en 'n eerste jaar in Namibie. Ek dink aan eerste kuiers in Namibie van al ons vriende (Dit is vir my bietjie hartseer dat ek nie by al die eerste kere se stories sal wees nie maar ek sal dit darem hoor)



So op die bitter sweet trand van hierdie skrywe met beginne en eindes groet ek jou nou. Waar dit maar gedagtes is van die moments wat verby is. Waar dit vertel van vriende by die see sonder woorde. Wat weet........woorde kan nie beskryf nie. So is dit ok die einde van 2010 maar die begin van 2011. Eerstes is verby lesse is geleer en stories is gemaak. Mag jy in hierdie jaar besef wie jy is, wat jou identiteit is en LEEF om 'n verskil te maak. Maak jou oe oop om te sien wat jy het in hierdie kerstyd.

Wees die pen in jou eie lewe en laat loop met 'n ding. Skryf die storie met dit wat jy het op jou heel beste. Vir van julle is ek lief maar die ander weet ek nie.... Jy sal wel weet!

1 comment: