To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

11.09.2010

Een

Ja dit is nou een week, een gemsbok, een klein dogtertjie wat kruip, een trip Tsumeb toe, een trip plaas toe, een vleis (per elke maaltyd).


Een rand in my sak en een liter petrol in my tank. Een iphone, Een spietkop en een aan altwee kante van die vyf is die spoed gewees! Een keer los gekom. Een buisie brandboud salf opgebruik. (Vir Suanè)

Maar dit was een goeie week en baie meer as een seëning in my lewe. Daar is steeds net een vrou in my lewe en sy is die een vir my. Daar is ok net nog een kind in my lewe. "ons sal ma sien hoe lank dit hou" - ons stem nog nie heeltemal saam oor hierdie aspek nie.

Oubaas Harry en ouma Alta is goed vir ons hier in die Nam woestyn. Ons woon vir nou nog hier by hulle en hulle skop dam nog nie die honne nie - wel nie meer as gewoonlik nie!

Oupa kobie reken die nam planne is nie die beste ooit nie. Hy dink medies is nou die antwoord vir my! hy het darem een ander offer gemaak. Ek kan liewer sy beeste as naweek boer kom oppas. Oupa reken hy sal my R400 'n maand gee dan moet ek na sy boerdery kyk!!

Hier met ons ou beesies gaan dit goed en die naweek wat kom werk ons die speen kalwers.

Moenie worry oor ons nie!! Dit gaan goed nou nog. En ek los julle met 'n foto om te bewys!

No comments:

Post a Comment