Ek sal more moet TATA sê en het hierdie ding al probeer uitstel so veel moontlik.
Suanè kan nou al waai so ek sal more net by haar moet afkyk en dan sal ek ok wees.
Ek loer in die kas en sien die goed wat ek gaan mis.
Ek sien vriende wat tot laat in die nag bokse plak en kaste uitpak.
Ek sien die MAMBAS en die prams
Die pers stad en die harlequins ligte
Vanaand dink ek nie te veel nie. Ek toor nie met die woorde nie. Ek tik bladsye en vee dit weer uit. Ek wil baai sê ek wil dankie sê ek wil smeek dat mense kom kuier. Ek wil nostalgies raak en vas hou aan dit wat ons nou het. Ek wil dit verduidelik en vertel hoe goed dit is. Ek probeer om dit alles in iets te sit wat mens kan lees of hoor.
Maar soos baie van julle weet berus ek graag by die gesegdes van oud.
"Ek staan sonder woorde" - en my kas is oop
No comments:
Post a Comment