To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

10.02.2010

nuwe horison

Ek skryf hierdie een in my moedertaal wat ek so lief het. Dit is geselsies, braaivleis, veld, son, boer, beeste, oom en tannie, partytjie en pret. Ek dink vandag voel ek om so te skryf want hierdie is vir die wat my ken. Dit is vir die wat weet hoe ek voel oor die punt van Afrika. Wat weet hoe ek die grond lief het en wat weet hoe dit is om te hoor: Blou Bulle! Wat van 'n Maders of 'n Helgas? Is jy in vir touch maandag?. Vir die wat weet hoe ek van Donderdag aande touch 'n petalië kan maak.

Vir die wat al Kimmas toe was. Vir die wat die groen audi gevoel hardloop het. Vir die wat vir Dewald sien ski het. Vir jou wat al by sandrivier gaan braai het en op iphones moes sit en rond kyk! Vir jou wat al op Botchabello gekamp het. Vir die wat weet hoe ek voel oor hulle. Vir die wat soms gebel het tot laat in die nag. Vir die wat gegee het en die wat gekry het. Vir die wat weet waar Melk straat was. Vir die wat soms 'n dik sigaar gerook het op spesiale aande. Vir die wat al voor my kaggel gesit het. Vir die wat groenkloof se basketball bane ken. Vir die wat weet waar affies se gym was. Vir jou wat Swakop toe gery het vir die troue. Vir jy wat weet waar Doxa is. Vir die wat 'n skêr kon hardloop en die wat vir ons bid.

Ek skryf vir jou wat weet hoe dit lyk as die pers stad ons groet. Vir die wat weet dat dit dan te laat is om te begin swot. Vir die wat weet waar is die lodge. Vir die van julle wat bassmaster hemde dra en selfs paar keer die governs gedokter het op Moyo se motorfietse. Vir die wat weet waar is Jakkhalsfontein en die wat my terugbestuur het van die bierfees. Vir die wat Tyson se toertjies ken. Vir die muffin panne en die spyker koppe en vir die wat al by Just lanmb vleis gekoop het. Vir die wat weet van die kaap trippie en vir die wat in die bar gesit het. Vir die wat weet wat in my gang teen die muur gehang het! Vir die wat deel geneem het en weet hoe lyk die horison. Vir die wat al die son sien sak het oor die Rietondale parkie.

Ek skryf vir jou!

Het jy al gesien hoe lyk dit as die son opkom oor Windhoek? Het jy al die son sien opkom oor Swakop se visstokke? Het jy al gesien as die gemsbok se horing blink dou voor dag op die horison?

Dit is my nuwe horison......Kom kyk tog paar keer!!

1 comment:

  1. 'n nuwe horison en 'n baie mooi een vanuit my perspektief! Sterkte vir jou en L en S. Wanneer trek julle? Rol die wiele al?

    Groete uit George se lughawe

    John

    ReplyDelete