Ek soek na woorde
en sien teen die muur, wysheid, genade, elegant, ma, vriendelikheid, glimlag…maar dit is te klein. Te klein om die Antie te pas.
Verward skommel my gedagtes oor beginsel van tyd, en die ou gesegde tyd is geld! – Kan ek dan myne spaar? Waar is die plek waar ek dit kan
bêre? Of die plek waar dit vandaan
kom?
Dan skielik weer ‘n stukkie wysheid soos sy die onseker plek van tyd verlaat.
Ek kyk na die kunswerk bo my lessenaar. Die stoel is
leeg…. Tydloos is die werk teen die
muur ewig vasgepen en ewig deel van my lewe. Ewige herinnering aan haar. Die sirkel van gedagtes en ‘n
skielikke otdekking. Die deel word van iets groot. Groter as jy self.
Versekering van ‘n ewigheid na hierdie. En ‘n uitdaging van ‘n
lewe wat gebruik moet word.
Dankie my Antie vir die laaste boodskap van ewigheid en omdraai van verwarring en onseker gedagtes in 'n verseker tydlose boodskap teen my muur. Dankie vir inspirasie om meer te maak van die tyd nou samet die wat ons lief
het. En vir die herinnering dat die tyd nooit uitloop nie al voel dit soms so.
Ek gaan jou mis.
Pieter
No comments:
Post a Comment