Graad een is nie maklik nie.
Ek kan helder onthou hoe ek agter in die blou kombi sit met die lig blou hempie
en die grys broekie wat nie kan besluit of hy lank of kort wil wees nie. Met die
dag wat smorens vroeg weerklink van Klapperkop
tot Waterkloof, draai ons uit Queen Wilhelmina
uit regs na Anton van Wouw laerskool. Die boer wat na die weste tuur en die dou
wat aan die bloeisels blink.
Juffrou Stahls was haar naam, derde
klas van die klein hekkie en op die deur Gr1 B. Geen seuntjie is gemaak om op 6
jarige ouderdom in 'n klas stil te sit nie. En dan is jy nog so skaam om te se
jy wil gaan piepie. Jy probeer maar knyp tot
na die interkomgebed en piepie dan sommer in jou broek soos jy hardloop en die
goue middeweg probeer vind van spiere laat ontspan om groter tree te gee en
vinniger daar te kom, en nie te veel ontspan dat die kleppe oop gaan en alles vir 'n oomblik
vergete los. Daai oomblik staan en beleef hoe die druk van jou skouers verdwyn
en jy voel ligter! - vir 'n oomblik. Om dan te besef jy het probleme.
Maar dit was my storie. Nou
as 'n pa van 'n gr2 en grR. Een deur die rowwe waters van gr1 wat ek
haar so jammer gekry het! As jy op jou tone buite die skool staan en deur die
palasade kyk hoe jou klein prinsessie langs die vol swaaie staan en haar toon
in die grond boor... Ai jinne hoe breek dit jou hart. En jy weet dit is vir die
beste. Jy weet dit moet so wees
om te leer, te leer om saam met ander te werk,
te leer van verskillende kulture, te leer dat
alles wat juffrou, maatjies en selfs jou ouers se nie ooreenstem nie!
Nou wonder ek wat is die nommer een les om te leer uit hierdie
moeilike ding. Wat kan ek los vir my kinders om op hulle lewenspad saam te
neem? My antwoord vir een van die belangrikste boustene. En ek noem dit 'n
bousteen want die fondasie is iets anders en slegs een ding! Maar 'n
bousteen... Daar is slegs twee soorte mense in die Wereld. Slagoffers en oorwinnaars. Die
mooi is, elkeen kan self kies waar hy/sy wil wees. Elke situasie in jou lewe
sal jy hanteer as een van hierdie tipe mense.
Om elke oggend 20 minute in die kar saam met jou gr2 dogtertjie te spandeer skool toe en dan 20
minute saam met
die Here in dankbaarheid oppad terug is 'n massiewe
seën! Ek leer so baie by hulle altwee en sien dit weer prakties hoe 'n klein
kindjie kies om 'n oorwinaar te wees en die waarheid oor haar lewe te glo.
No comments:
Post a Comment