To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

7.02.2018

Die Keuse

Graad een is nie maklik nie. Ek kan helder onthou hoe ek agter in die blou kombi sit met die lig blou hempie en die grys broekie wat nie kan besluit of hy lank of kort wil wees nie. Met die dag wat smorens vroeg weerklink van Klapperkop tot Waterkloof, draai ons uit Queen Wilhelmina uit regs na Anton van Wouw laerskool. Die boer wat na die weste tuur en die dou wat aan die bloeisels blink.

Juffrou Stahls was haar naam, derde klas van die klein hekkie en op die deur Gr1 B. Geen seuntjie is gemaak om op 6 jarige ouderdom in 'n klas stil te sit nie. En dan is jy nog so skaam om te se jy wil gaan piepie. Jy probeer maar knyp tot na die interkomgebed en piepie dan sommer in jou broek soos jy hardloop en die goue middeweg probeer vind van spiere laat ontspan om groter tree te gee en vinniger daar te kom, en nie te veel ontspan dat die kleppe oop gaan en alles vir 'n oomblik vergete los. Daai oomblik staan en beleef hoe die druk van jou skouers verdwyn en jy voel ligter! - vir 'n oomblik. Om dan te besef jy het probleme. 

Maar dit was my storie. Nou as 'n pa van 'n gr2 en grR. Een deur die rowwe waters van gr1 wat ek haar so jammer gekry het! As jy op jou tone buite die skool staan en deur die palasade kyk hoe jou klein prinsessie langs die vol swaaie staan en haar toon in die grond boor... Ai jinne hoe breek dit jou hart. En jy weet dit is vir die beste. Jy weet dit moet so wees om te leer, te leer om saam met ander te werk, te leer van verskillende kulture, te leer dat alles wat juffrou, maatjies en selfs jou ouers se nie ooreenstem nie!

Nou wonder ek wat is die nommer een les om te leer uit hierdie moeilike ding.  Wat kan ek los vir my kinders om op hulle lewenspad saam te neem? My antwoord vir een van die belangrikste boustene. En ek noem dit 'n bousteen want die fondasie is iets anders en slegs een ding! Maar 'n bousteen... Daar is slegs twee soorte mense in die Wereld. Slagoffers en oorwinnaars. Die mooi is, elkeen kan self kies waar hy/sy wil wees. Elke situasie in jou lewe sal jy hanteer as een van hierdie tipe mense.



Om elke oggend 20 minute in die kar saam met jou gr2 dogtertjie te spandeer skool toe en dan 20 minute saam met die Here in dankbaarheid oppad terug is 'n massiewe seën! Ek leer so baie by hulle altwee en sien dit weer prakties hoe 'n klein kindjie kies om 'n oorwinaar te wees en die waarheid oor haar lewe te glo.

Kies vandag om 'n oorwinaar te wees!

1.18.2017

Petrus die 5de tussen 6 en 7nm

Trots kom hy die huis binne en dink hy aan dit wat hy vermag het.
Maar die gevoel is vinnig weg in die onsekerheid van die toekoms.
Onsekerheid van waar die volgende projek sal wees. Wie gaan vir alles betaal? Die skoolfonds, medies, huis, karre die swembad se lek.

Bruin ogies flits en die skatter lag klink harder in die kombuis.
Sonder om te weet regtig tot wat sy in staat is en onskuldig sonder om te dink spring sy.
In 'n oogwink land sy in die sterk arms van haar pa voor sy die vloer tref.
Hy tel haar hoog in die lug en glimlag, jy is my prinses!!!

Ek weet sê sy en hardloop na buite......


9.14.2016

Die Antie


Ek soek na woorde en sien teen die muur, wysheid, genade, elegant, ma, vriendelikheid, glimlag…maar dit is te klein. Te klein om die Antie te pas.

Verward skommel my gedagtes oor beginsel van tyd, en die ou gesegde tyd is geld! – Kan ek dan myne spaar? Waar is die plek waar ek dit kan bêre? Of die plek waar dit vandaan kom?

Dan skielik weer ‘n stukkie wysheid soos sy die onseker plek van tyd verlaat.

Ek kyk na die kunswerk bo my lessenaar. Die stoel is leeg…. Tydloos is die werk teen die muur ewig vasgepen en ewig deel van my lewe. Ewige herinnering aan haar. Die sirkel van gedagtes en ‘n skielikke otdekking. Die deel word van iets groot. Groter as jy self.

Versekering van ‘n ewigheid na hierdie. En ‘n uitdaging van ‘n lewe wat gebruik moet word.

Dankie my Antie vir die laaste boodskap van ewigheid en omdraai van verwarring en onseker gedagtes in 'n verseker tydlose boodskap teen my muur. Dankie vir inspirasie om meer te maak van die tyd nou samet die wat ons lief het. En vir die herinnering dat die tyd nooit uitloop nie al voel dit soms so.

Ek gaan jou mis.

Pieter


5.21.2015

Krom belofte

Dit is nie so seer die pyn in die gewrig nie. Dit is meer die onsekerheid.
Almal het sy dinge en almal het ietsie wat kom druk, aan die identiteit skaaf.
Die vyand is nie besig om voor in die pad te staan soos 'n stopstraat nie.
Maar hy is ontwrigtend. Soos Simba, wil jy soms weghardloop en gaan skuil in die valse hoop wat die wêreld jou bied. Draai jou rug op die mense om jou en lek jou wonde aan die ander kant van die berg en jy hoef nie met dit te deal nie. Dit is egter nie eg nie. Die waarheid is jy sal moet omdraai. Soos Mufasa gese het "jou have forgotten who you are. You are the one true king" 

Jy praat met my oor identiteid. Ek dink aan myne en dink aan oefen, perd ry, aktief wees, en besig om 'n rol te speel in dit wat gebeur om my. Ek sien hierdie ontwrigting as die grootste kompliment. Of die vyand is so bang vir dit wat in my lewe en karakter dat hy probeer steel van die identiteit. Of daar was niemand anders wat hierdie las sou kon dra in hierdie tyd nie en daarom het my Koning my gekies. Maar ek dink eintlik dit is altwee. 

Met 'n krom vinger wat die pyn verteenwoordig se ek jou nee. Dit verteenwoordig nie pyn nie dit verteenwoordig die reënboog. Dit verteenwoordig die belofte dat aan die einde is daar 'n pot goud. Dit is genoeg motiveering dat iemand aan die einde sal beloon word en daar vrug sal wees vir die wat betrokke was. Daar sal 'n skat wees aan die einde en daar sal 'n einde wees.

Buitendien wie kan nog se dat hy geleentheid kry om van sy vroukie se stamselle te kry! Wat 'n vooreg om van die een wat jy lief het lewend in jou are te kry! My vroukie raak nou meer betrokke as emotional en geestelik, dit is nou in my ligaam ok sommer! Daar is genesing en daar is beloning aan die einde van hierdie roete. Al sien jy dit nie nou nie en al lyk dit vêr, die boog is 'n belofte.

So het ek my dinge en so het jy jou dinge. Dit is soms rof in die warboel van gedagtes en onsekerheid maar een ding is seker daar is 'n belofte en jy sal oorkom. Soos die dik boek in Jakobus: Ag dit loutere vreugde broers waneer julle enige vorm van beproewing deur gaan. Want hierdie geloof kweek volharding en as jy in geloof die toets deurstaan sal jy volhard. Hierdie volharding moet end uit volgehou word sodat julle tot volle geestelikke rypheid kan kom. 

Al is dit dan ok al wat moet gebeur dat in my swakheid eer is aan my Koning dan is dit vir my genoeg. Die belofte is net eenvoudig dit dat Sy koningkryk kom en dat daar op die ou einde "in hierdie lewe of in die tyd hierna" sal dit ten goede meewerk vir die wat Hom lief het.

Arthritis is 'n bliksem! Maar die woord se when the enemy comes in like a flood god will raise up a standard. 

Ek weet nie alles nie maar ek weet dit. As my God vir my is wie of wat kan teen my wees. En selfs met 'n krom stok slaan Hy 'n reguit hou...