To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

3.24.2011

Geluk

Sy sit en droom oor dit wat sy nooit sal sê nie..
Sy loer deur die harte se vensters van tyd tot tyd.
Hoe mooi is sy, die opgewondenheid!
Sy sluip deur die strate van 'n nuwe begin
Sy is die vliegtuig wat kom land!
Sy is die huis vol liefde en die mooi op 'n afstand

Soms is sy laat, en soms is sy met verlof
Jy sien haar skaars nou in Japan en in Libië se stof
Maar jy kan haar vind in die donker van die nag
Sy maak jou rustig en jou hart word ok sag
Sy is in die saal op Blacky se rug
Sy is in die waai van die wind, die glimlag van die kind



Dan stop ek met die rym en skryf net paar gedagtes. Dit is so dat die skrywe seker die dieper hart verteenwoordig. En dan is daar ok maar min eintlik nodig. Want dit is duidelik dat daar geluk le te midde van die remoer. Die strak gesig van die colonel en die roer van die waters. dit alles bly sleg. Maar op eie bodem het ons ok die treur ervaar!!

Boetieman weet niks van die Colonel nie. Hy weet niks van 'n tsunamie, Japan of wat dit is as die aarde skud. Die meeste water wat hy nog ooit beleef het was toe die Schaap rivier in vloed was, en die meeste skud was toe hy daar deur is met sy donkiekar!

Maar Boetieman het hartseer ervaar, boetieman het al geleef. Want soos die vrou wat haar munstuk verloor het, so het boetieman sy ander 11 kinders gelos om die kleinkie te versorg wat siek was. Maar anders as die vrou van die bybel, het boetieman sy munstuk verloor. Dit is seker tydelik, en hy sal hom weer terug kry, maar nie in hierdie leeftyd nie.

Ek sit op die stoep. Job sit langs my en ons praat oor die woord. Dit is vir my mooi, en hy is honger!! Honger vir nog en om te verstaan. Hy is nou 'n week lank 'n man van God! en dit gaan goed. Oubaas Harry dra vir ons elk 'n koffie aan, en ek vertaal Psalm 16 in Afrikaans. Ons dink aan Job se mede werker ou Boetieman...

En dan kyk ek op en soos die ps 16 verder lees. KYK!! die lyndraad het vir my in mooi plekke geval. Dit is vandag nie moeilik om te verstaan nie, want ons sit binne Kuwinamab se lyndraad. En dit is mooi. Ons trek die paralel, ek na my lewe en Job na sy eie. Ons is altwee gelukkig.... Soms verstaan ek dit nie, want slegte goed gebeur, en soms met ons self. Maar ek het die geluk al geproe.

Ek klim in my kar en skryf op my laptop, ek trek my duur klere aan en vertrou die Here vir ons nuwe huis. Job maak sy donkiekar se bearings reg, spoel sy onnie van gister uit en vertrou die Here vir nuwe bearings en 'n Bybel. Ons altwee vra vir wysheid en insig.

By die hek bid ons dan saam en gaan na twee verskillende werelde. Maar een ding is seker, ons dien dieselfde God en op grond van dit is ons gelyk. Ons vertrou vir vergifnis en 'n nuwe verstaan van die woord. elkeen in ons eie weg soek waar die pad is om te loop. ALtwee probeer om staande te bly teen die aanvalle.

Dit is interesant, mooi en snaaks. Maar vir nou verstaan ek waar le geluk!

Ek hoor nou haar sagte stem van content wees.
Ek verstaan die sleutel le in die gees
Rustig, vrede die veld en my mense
Drome in bubbles oor my kop vol wense

Hoe mooi is haar voete as sy kom kuier.

3.08.2011

Die loop en die doop

Hoe great is dit om te sien hoe jou ou kindjie haar eerste treekies gee. Jy besef skielik die nuwe moontlikhede, die gevaar, die avontuur!! As ek voor haar sit en sy begin versnel vinniger en vinniger om haar voeitjies neer te plak in ritme met my hart se klop! En dan om sonder vrees haar vorentoe te gooi en te val...want sy weet ek SAL haar vang.

Samet die doop beleef ons toe 'n nuwe ding! Die wat gereeld hier lees sal weet van ou Andrew en sy beplande doop. Die doop was toe nou hierdie naweek. En soos dit 'n witman betaam maak ek seker ek weet wat die manne wil doen en sorg dat hulle die program van die dag aan my voorlê. Ek dien mos nou al lank die Here...En ek wil hoor wat die kleurling pastoor gaan kwyt raak oor die doop ens.


En daar vroeg die saterdag more kom val die skille van my kykers af en ek besef....God kyk na jou hart man!! Hier is ou Andrew....En hy glo, hy glo vas dat die Here hom sal verlos van die slawerny van rook! En "the point of obedience is the point of power".

skoonpa vra my om 'n gensbok te skiet vir die okasie, maense kom van so ver as 700km vir die storie. En die Sondag oggend trek ons plaas boere daar af na die volk se huise. Ons bring ons eie stoele en val in die gemeente in. Ons trek weg en sing saam "die heilige trein is oppad! Dis 'n one way train, en het jy jou kaarkie!

Na lekker gesing bemoedig paar vrouens die man wat gedoop word met sang. So mooi in hulle eie taal sing hulle vir die man en profiteer oor sy lewe. Hy kry 'n nuwe amp "Brandwag" En dinge is besig om te gebeur op Kuwinamib.

Net een van die ander plaas werkers is ok daar. Ou Job sit en kyk strak voor hom. ao 10 jaar gelede het hy skape gesteel by die boer wat nou net skuins langs hom sit. Die koorkie hou op sing, en die pastoor se dat hy geleentheid soek om vir mense te bid. Daar staan Job op en se maar hy wil sy hart vir die Here gee!! My hart spring in my keel, en ek dink.... Hoe heerlik die lewende water! Hoe mooi is dit as iemand draai na die lewe!

Na Job samet een ander pastoor in die huis in is en gesels het oor bekering vra hy toe hoekom kan hy nie ok gedoop word vandag nie? En net daar doop ons toe vir Andrew en ou Job!! Ek staan verstom en sonder woorde. Die tong is uit my kies en ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie.....Maar God kyk na die hart. En ek sien weer hoe hy werk in gewone mense soos ek se lewens. Ek word aangeraak deur die eenvoud en die opregtheid.

Die feit dat ek regtig in die deur van die hoenderhok sit en die een met die kaal nek WEER deurloop onder die snawels en gekrap van 10 ander pla ok nie meer nie. En die pastoor vra my of ek sal help met die doop. Ek klim in die bad, en daar word Anrew en Job gedoop. Wat 'n mooi storie... Dit was great, mag ek dit nooit vergeet nie. Mag ons weer sien hoe God werk in elke dag! Wag op hom en moenie vergeet wat dit is wat saak maak nie!

Wilde hart

Nou is ek 'n voorheen bevoordeelde, huidig geseende man in Afrika.
Ons stap mos maar elkeen ons eie paaitjie...maar soms probeer ons so hard by die einde kom en vergeet om om ons rond te kyk. Ek ry die naweek 'n roete met my ou gesinnetjie sommer so 150 km suid wes van windhoek af. 

En soos ek terug ry na die dag in die son en op die kruin van 'n berg by Panorama kamp. Die reuk van vleis en braai vure aan my klere. Dit is die skatter lag van 'n bonneltjie vreugde wat my oë van die modderige pad trek na die tru speeltjie. In die middel 'n skelm laggie wat oor die bank loer en dan duik sy op haar mamma se skoot en skree van die lag.

Man wat wil jy nog hê!!? dit is wat die lewe oor gaan man! En dit is jou verantwoordelikheid. Elk van ons moet dit self gaan soek. Die kaarte is nie dieselfde nie. Maar daar is geluk!! Ou Petrus se in die eerste brief wat hy skryf dat die lewe nie altyd sal maklik wees nie! Hy se soms is daar bloeiende en gebroke harte hier op aarde. Maar dit is net tydelik. 

Terwyl dit nou met jou goed gaan!! of terwyl jy eintlik kan kies dat dit met jou goed gaan. Maak die memories...Create the moments!