To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

3.24.2011

Geluk

Sy sit en droom oor dit wat sy nooit sal sê nie..
Sy loer deur die harte se vensters van tyd tot tyd.
Hoe mooi is sy, die opgewondenheid!
Sy sluip deur die strate van 'n nuwe begin
Sy is die vliegtuig wat kom land!
Sy is die huis vol liefde en die mooi op 'n afstand

Soms is sy laat, en soms is sy met verlof
Jy sien haar skaars nou in Japan en in Libië se stof
Maar jy kan haar vind in die donker van die nag
Sy maak jou rustig en jou hart word ok sag
Sy is in die saal op Blacky se rug
Sy is in die waai van die wind, die glimlag van die kind



Dan stop ek met die rym en skryf net paar gedagtes. Dit is so dat die skrywe seker die dieper hart verteenwoordig. En dan is daar ok maar min eintlik nodig. Want dit is duidelik dat daar geluk le te midde van die remoer. Die strak gesig van die colonel en die roer van die waters. dit alles bly sleg. Maar op eie bodem het ons ok die treur ervaar!!

Boetieman weet niks van die Colonel nie. Hy weet niks van 'n tsunamie, Japan of wat dit is as die aarde skud. Die meeste water wat hy nog ooit beleef het was toe die Schaap rivier in vloed was, en die meeste skud was toe hy daar deur is met sy donkiekar!

Maar Boetieman het hartseer ervaar, boetieman het al geleef. Want soos die vrou wat haar munstuk verloor het, so het boetieman sy ander 11 kinders gelos om die kleinkie te versorg wat siek was. Maar anders as die vrou van die bybel, het boetieman sy munstuk verloor. Dit is seker tydelik, en hy sal hom weer terug kry, maar nie in hierdie leeftyd nie.

Ek sit op die stoep. Job sit langs my en ons praat oor die woord. Dit is vir my mooi, en hy is honger!! Honger vir nog en om te verstaan. Hy is nou 'n week lank 'n man van God! en dit gaan goed. Oubaas Harry dra vir ons elk 'n koffie aan, en ek vertaal Psalm 16 in Afrikaans. Ons dink aan Job se mede werker ou Boetieman...

En dan kyk ek op en soos die ps 16 verder lees. KYK!! die lyndraad het vir my in mooi plekke geval. Dit is vandag nie moeilik om te verstaan nie, want ons sit binne Kuwinamab se lyndraad. En dit is mooi. Ons trek die paralel, ek na my lewe en Job na sy eie. Ons is altwee gelukkig.... Soms verstaan ek dit nie, want slegte goed gebeur, en soms met ons self. Maar ek het die geluk al geproe.

Ek klim in my kar en skryf op my laptop, ek trek my duur klere aan en vertrou die Here vir ons nuwe huis. Job maak sy donkiekar se bearings reg, spoel sy onnie van gister uit en vertrou die Here vir nuwe bearings en 'n Bybel. Ons altwee vra vir wysheid en insig.

By die hek bid ons dan saam en gaan na twee verskillende werelde. Maar een ding is seker, ons dien dieselfde God en op grond van dit is ons gelyk. Ons vertrou vir vergifnis en 'n nuwe verstaan van die woord. elkeen in ons eie weg soek waar die pad is om te loop. ALtwee probeer om staande te bly teen die aanvalle.

Dit is interesant, mooi en snaaks. Maar vir nou verstaan ek waar le geluk!

Ek hoor nou haar sagte stem van content wees.
Ek verstaan die sleutel le in die gees
Rustig, vrede die veld en my mense
Drome in bubbles oor my kop vol wense

Hoe mooi is haar voete as sy kom kuier.

1 comment:

  1. Sjoe Pieta - jy skryf baie mooi, lekker om so van tyd tot tyd jou gedagtes, ervarings en dinge te deel. My blog lê al 'n hele ruk en "simmer" - het nou onlangs besluit om meer te skryf en bietjie die hitte op te draai - dit doen vir my persoonlik baie goed om van die gemaal in my kop te verwoord. Jy's welkom om te gaan loer: http://my.opera.com/Ankekind/blog/ Mooi bly en ek sien uit daarna om jul bietjie te sien. Groete vir die dames! Anke

    ReplyDelete