Hoe great is dit om te sien hoe jou ou kindjie haar eerste treekies gee. Jy besef skielik die nuwe moontlikhede, die gevaar, die avontuur!! As ek voor haar sit en sy begin versnel vinniger en vinniger om haar voeitjies neer te plak in ritme met my hart se klop! En dan om sonder vrees haar vorentoe te gooi en te val...want sy weet ek SAL haar vang.
Samet die doop beleef ons toe 'n nuwe ding! Die wat gereeld hier lees sal weet van ou Andrew en sy beplande doop. Die doop was toe nou hierdie naweek. En soos dit 'n witman betaam maak ek seker ek weet wat die manne wil doen en sorg dat hulle die program van die dag aan my voorlĂȘ. Ek dien mos nou al lank die Here...En ek wil hoor wat die kleurling pastoor gaan kwyt raak oor die doop ens.
En daar vroeg die saterdag more kom val die skille van my kykers af en ek besef....God kyk na jou hart man!! Hier is ou Andrew....En hy glo, hy glo vas dat die Here hom sal verlos van die slawerny van rook! En "the point of obedience is the point of power".
skoonpa vra my om 'n gensbok te skiet vir die okasie, maense kom van so ver as 700km vir die storie. En die Sondag oggend trek ons plaas boere daar af na die volk se huise. Ons bring ons eie stoele en val in die gemeente in. Ons trek weg en sing saam "die heilige trein is oppad! Dis 'n one way train, en het jy jou kaarkie!
Na lekker gesing bemoedig paar vrouens die man wat gedoop word met sang. So mooi in hulle eie taal sing hulle vir die man en profiteer oor sy lewe. Hy kry 'n nuwe amp "Brandwag" En dinge is besig om te gebeur op Kuwinamib.
Net een van die ander plaas werkers is ok daar. Ou Job sit en kyk strak voor hom. ao 10 jaar gelede het hy skape gesteel by die boer wat nou net skuins langs hom sit. Die koorkie hou op sing, en die pastoor se dat hy geleentheid soek om vir mense te bid. Daar staan Job op en se maar hy wil sy hart vir die Here gee!! My hart spring in my keel, en ek dink.... Hoe heerlik die lewende water! Hoe mooi is dit as iemand draai na die lewe!
Na Job samet een ander pastoor in die huis in is en gesels het oor bekering vra hy toe hoekom kan hy nie ok gedoop word vandag nie? En net daar doop ons toe vir Andrew en ou Job!! Ek staan verstom en sonder woorde. Die tong is uit my kies en ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie.....Maar God kyk na die hart. En ek sien weer hoe hy werk in gewone mense soos ek se lewens. Ek word aangeraak deur die eenvoud en die opregtheid.
Die feit dat ek regtig in die deur van die hoenderhok sit en die een met die kaal nek WEER deurloop onder die snawels en gekrap van 10 ander pla ok nie meer nie. En die pastoor vra my of ek sal help met die doop. Ek klim in die bad, en daar word Anrew en Job gedoop. Wat 'n mooi storie... Dit was great, mag ek dit nooit vergeet nie. Mag ons weer sien hoe God werk in elke dag! Wag op hom en moenie vergeet wat dit is wat saak maak nie!
No comments:
Post a Comment