To the reader

Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke

10.03.2011

Die diamant

Die winter is verby. Die dae nou heelwat langer en die vroeg opstaan is nie meer so erg nie. Dit is sondag aand. Soos haar vingers oor die swart en wit van die note dans, flikker die weerkaatsing oor die boerseun se gesig. Die weerkaatsing van die band van ewige trou soos 'n spieëlbeeld op sy gesig se emosie. Hy sit vorentoe in die stoel en sing saam die familielied wat al meer as 100 jaar lank op sondae gesing word. Weer dink hy aan die wat voor hom gegaan het. En so bid hulle saam vir die hele familie, vir die wat ver is, die wat hartseer is, die wat gelukkig is en die wat sommer op die hart is. Hy dink aan die diep spore van die wat voor hom was, die klein spoortjies van die wat na hom kom.


Elke keer kom dit terug na die flikker van die diamand, die vonkel in sy oog. Dieselfde as die flikker van die trane en die vonkel glans van die leuen van die slang. Dit is die lewe die, dit is eg en waar. In die warboel van deurmekaar gedagtes en die denke van glans, lig, weerkaatsing en prismas word die wit lig deur die diamand gebring en gebreek. Die tweesnydende kante van die edelsteen breek die lig in al die kleure van die reënboog.

Daar is so baie om te sê oor die verskynsel. Die wit "dull' lig aan die eenkant, maar breek jy dit en kyk jy na dit deur die bril van liefde, onselfsugtige dade en positiewe denke word dit die kleure van die reënboog. Dit dans en spring en kan nie ingehok word nie. Die lig kan nie gevang of verklaar word nie.

Kyk ek na oupa in die hospitaal, kyk ek na moelike dae en onseker toekoms. Sien ek 'n korrupte poletieke stelsel, sien ek armoede, straat kinders en weduwees!! Sien ek hoere op die strate, sien ek mense wat van hulleself fokkol dink! sien ek gebrokenheid, sien ek haat sien ek oorlog sien ek afwesige ouers. Korrupsie en leuens... Dit is 'n gebroke en vervalle wêreld. Ons het dit self so gemaak. Ons is self skuldig.

Jakobus 3:16"Daar waar afguns en selfsug is daar heers verwarring en allerlei gemene dade". Wat help dit jy sit met jou oulike kar en jou goeie werk. In dieselfde asem is die vraag of is jy geroep vir wat jy doen. Moet jy 'n rekenmeester wees? Moet jy 'n dokter wees? Want daar MOET sulke mense wees. Daar moet ryk mense wees en daar moet sportmanne wees. Die wêreld is gebroke en vol seer so daar is ok mense met agterstand. Daar is mense gebore in oorlog daar is mense gebore met gebrek. Ek weet nie hoekom nie en sal ok seker nooit weet nie.

Die "enlightenment" kom as jy bereid is om te kyk deur die diamand. Daar is 'n punt. Daar is 'n bril. Gooi af die masker, die leuns, dit wat jy nie is nie. gooi af die religeun die christen mentality en religiosity. Kyk deur die bril van die waarheid. Kyk deur die onselfsugtige kruis en die bloed van die lam. Moenie judge nie, kyk na jou eie lewe. Help waar jy kan, bring verandering waar jy kan. Maar as jy kyk deur die prisma van die diamand sal jy nie alles sien nie. Daar is 'n dowe beeld. Dit is mooi en dit is waar. Jy sal 'n dowwe beeld sien, maar die res van die prentjie op hierdie aarde is geloof.

Soos die gedagtes deur sy kop maal sit die boerseun nou meer agteroor. Haar sexy beentjies trap die pedale van die klavierkie en die tuintjie is vrolik. Haar stem nog soos die dag toe hy haar die eerste keer hoor sing het. Die lyne so mooi en ok simbolies. Die meetsnoere het vir hom op mooi plekke geval......

Op die ou end gaan jy hier weg. Jy kan niks saam neem nie. Jy kan nie jou audi of jou geweer vat nie. Jy kan nie jou mooi vroukie eers saamneem nie. Dit is net jy. En as jy daar le wat gaan jy wens? Dat jy meer geld gemaak het? Dat jy meer tyd met jou kinders spandeer het? Wat gaan jy doen. Jy het net die memories (as jy nie altsimer het nie) van dit wat was. 

Leef man!! Leef met passie. Maak 'n verskil en haal die vrees uit jou lewe. Vir wat is jy bang. Is jy bang jy kry dit nie reg nie of jy dink nie jy kan dit doen nie? Maak jou los van dit wat agter jou is. Moenie stupid gaan wees en goed doen wat jy  nie voor geroep is nie. Niemand anders kan jou gelukkig maak nie. Daar is net een manier om gelukkig en waarlik vry te kom.......

7.28.2011

Die pad "NA" Winterson

Oubaas rooiwillie het altyd as ek die dag eksamen skryf vir my sterkte toegewens met die woorde..."Pietie skiet hulle af in vlamme." Ek wou omtrent altyd in vlamme uitbars want ek was nooit regtig gereed met baie ammunisie nie. Soms wel ammnisie in my sak gehad, maar baie keer die verkeerde soort vir die kaliber waarmee ek geskiet het. 

Die kursus op die std 9 mm pistool het ek toe sommer twee rondtes geskiet, die eerste rondte was nie na wense geskiet nie.... Maar dit is nie so erg soos toe ek die Std 7 Magnum net 28 van die 100 skote op die skyf geskiet het nie. Soos ek "hulle" toe aanval met alles wat ek het was die eenigste ding in vlamme maar ek. En natuurlik gereeld die onderwysers se humeure. Een keer wat ek hulle wel in vlamme gekry het was toe ek en ou Stokes ondek dat tippex wel vlambaar is soos op die bottelkie staan. Toe die tingerigge juffie in die klas kom, sien ek hoekom hulle se waar 'n rokie is is daar 'n vuurkie. Toe sy die rook by die inkpot se gat sien uitkom het sy een en een bymekaargesit en onmiddelik twee gekry. Sy was nie eers die wiskunde onnie nie!!

Anyway na die hele storie, en na my akademiese oorlog toe deur Tuks finaal uitgewis is (Hulle het sterker artillery as die hoërskool gehad) is my vlamme akademie uitgebrand. Na die het ek nog so paar goed verbrand, maar nou as ek terugkyk oor my skouer hier waar ek in die mooi huisie in Windhoek sit, sien ek net die vlamme van ons kaggelvuurkie.

Ek het nou die hele ding te vêr vooruit geloop. Ek was by Oubaas Willie se skiet hulle af in vlamme storie. Nou ja hy is toe nou self ok fataal gewond en so half spartelend met bolle rook agterna af grond toe! Maar soos hy my geleer het het hy darem vroeg genoeg die plug getrek en almal het survive. Nou is dit lekker leeg en almal kan moooi sien wat om ons aangaan. Almal waardeer weer die bouwerk en geniet dit weer om te werk aan die toekoms.

Die spark vir my akadamie het egter begin in 'n awesome kasteel. Ek sien hoe ek op die roos prieël sit voor die voordeur. Ek is so hoog dat nie eers Pa my hier in die hande sal kry nie. Ek kyk deur die Nikon verkyker oor die straat om te sien of ek hom sien.....Dan tussen die twee alwyne deur sien ek die swart bonnel spiere en wit bors. Sy bek groot oop en hygend kom hy oor die straat en op met die leiklip pad. Temba! Temba! skree die mannetjie. Sy hond kom tot voor die paal en hy glip af. - En ek omtou die memories....


Dit is by dronk oom Piet se swembad. - Sy's hier!! Sy's Hier!! Sy's regtig hier!! - Wegkruiperkie - Die geheime kas - Krismis die kalf - Jaco se tent in die agterplaas - Breek haar bril!! - Die klein kamerkies - Die GROOT akker boom - Waatlemoen onder die witstinkhout - Die hoenderhok - Die pret draf en hou bene hou - Die parkie se damme - Die gebreekte venster - Die kombie - Die nuwe Garage - Kinderkrans -  Kaskar resies - Die nuwe manne kamer - Die swot jare - Braai - Jaco en Bruce se blyplek - Oupa grootjie, Oupa, ouma en die boek van tannie Marie.....

Dit was awesome memories! Dit is waar ons begin het. Dit was die vormings jare. Dankie pa vir die tyd wat ons  daar kon hê. Dankie vir die sekuriteit om Winterson ons huis te kon noem. Dankie vir wat ons kon hê in daai plek en meeste van als dankie vir die MOMENTS!!

Nou in die rook van die laaste vlamme na die oorlog met die banke, ou stompie en al die ander bankbestuurderkies en die kerriekop is hierdie huis van ons af weg.........Sela

En al wat ek kan dink is in die amper woorde van William Wallace - 

They can take our houses, but they will never take our MEMORIES!!!!!
Dit was lekker, maar die tyd is nou verby. Dit is 'n nuwe fase anyway vol nuwe memories!!

6.28.2011

Hoekom

Hoekom is dit die tema van vandag se skrywe? Is dit omdat ek voorberei vir die volgende tyd in my kind se lewe? Is dit omdat ek self vrae het? Of is dit dalk omdat jy vrae het? Is dit omdat ek nie alles verstaan nie? Hoekom wou die vuur nie brand nie?



 Hoekom verstaan ek nie alles nie? Verstaan jy alles? Is God almagtig? Of is hy Soverein? Is daar 'n verskil tussen die twee? Is jy besig met die regte goed in jou lewe? Is ek op die regte plek? Hoe moet ek maak met die bediende se nuwe alkohol gebruik gewoonte? 

Sal haar kinders ok wees as ek haar afdank? Is dit veilig vir my kind om by 'n dronk bediende te bly soms? Hoekom gebeur goed soos die naweek op die plaas? Hoekom is die dogtertjie op die verkeerde plek toe die ou met die mes daar aankom? Hoekom het een weggekom en een nie? Sal haar lewe ooit weer dieselfde wees?

Hoekom is ek verlig om te hoor die man met die mes is dood? Hoekom is daar iets wat tog hartseer is oor sy lewe in my hart? Hoekom moes ek op dit afkom? Hoe voel die ou se pa wat sy stiefseun aan die boom moes kry? Hoekom is die wêreld so in sy moer in van slegte goed? Hoe kan 'n mens so baie haat hê om 'n klein dogtertjie so te beseer?

Hoekom vra ek al die vra? Hoekom vra ons soms nie die vrae nie? Het jy al die antwoorde? van hierdie goed? Hoekom gaan mense soms net dood in 'n ongeluk? Hoekom verdrink my pel toe hy gly en val in die bad?

Ek weet nie......ek weet dat op hierdie Wêreld nie net een krag besig is om te werk nie. Ons het die donker ok reg gegee om in sekere areas hier op aarde te werk. Ek ken nie die antwoorde nie, ek weet nie hoekom die goed altyd gebeur nie. Maar een ding weet ek verseker en in dit is vir my hoop! 

Die groot boek sê "Trust in My administration. For My ways are higher than your ways, and My thoughts are different than your thoughts". Die groot boek sê "nou sal julle net gedeeltelik sien, maar eendag sal julle die volle prentjie sien". Die groot boek sê glo soos 'n kind!

Ek weet nie hoekom nie, maar ek weet dat ek kan bly vertrou gee nie om wat hier gebeur nie. Ek kan bly glo en bly hoop.

Hoekom bly ek so gelukkig? Hoekom het ek so baie liefde in my lewe? Hoekom is ek so geseen met kos en klere? Hoekom doen ek goed wat in my kop en logies nie altyd sin maak nie? Hokom bly ek op Hom vertrou? Hoekom verlang iets in my wese so na intieme tyd met die Koning? Hoekom vertrou ek vir dit wat ek nie kan sien nie? Hoekom is ek so gelukkig? 

Wat dryf my om beter te wees? Wie is dit binne my wat 'n beter pa wil wees? Waarom bly ek hoop op die belofte? Hoekom wil ek die Wereld verander? Hoekom wil ek meer sien hoe mense onselfsugtig is? Hoekom laat dit my hart warm om te sien hoe 'n egpaar mekaar lief het?

Die groot boek se "Trust in the Lord and do good. So shall you dwell in the land and feed surely on His faithfulness. - Ek weet nie eers wat beteken "faithfulness nie, maar ek soek ok van dit!! "Delight yourself in the Lord, and he will give you the secret petitions of your heart!!" 

So op al die Hoekoms het ek nou so bietjie van meer insig hoekom dinge so is......Ek weet nog steeds nie mooi nie, maar ek voel ek begin iets verstaan? Ek het nie konkrete antwoorde nie. Maar dit is wat dit so cool maak!!!! Dit is wat dit is om te glo. Dit is wat dit is om te vertrou!!

Hoekom doen ek goed? Hoekom wil ek reg lewe? Hoekom wil ek goed doen? Hoekom wil ek 'n opregte lewe lei?

Eers dink ek toe ek wil dit doen om die Koning te impress en iets te verdien.

Dan kom die hele ding skielik na my. Hoekom doen ek reg teenoor my vrou? Omdat ek weet ek sal later die vrug pluk, of omdat ek haar lief het.


"Love the Lord your God with all your heart, all your mind, and all your strength!! dit moet die rede wees. Nie om te impress of om iets uit dit te kry nie. Doen goed omdat jy die Koning lief het. Vertrou op Hom omdat jy hom lief het. Die liefde verwag die beste elke dag. Die liefde hou nie boek van die kwaad nie. Die liefde sal ALTYD bly hoop, bly glo!

Die groot vrae:
Hoekom doen ek wat ek doen?
Hoe het ek die Here lief?

Waar is die net?

Sien die insperasie raak maar min. So nou skryf 'n ou nie so baie nie, want wat moet jy nou deel. En dit is mos so dat as jy self knie diep in die poef is dink jy dit is net jy wat daar is. Hoekom dan skryf? Wat moet ons deel met die ander mense? Wat kan jy skryf wat ander mense ok mee kan vereenselwig. Nou dink ek aan Petrus vandag.


Ou Petrus is 'n lekker ou. Ek dink ek en hy sou baie dieselfde wees. Hy klink my so passionate ou wat ok net alles wil reg bliksem as dit nie werk nie. Ek dink hy sou ok sommer die taxi wat voor almal indruk van die pad af druk. Hy is so vuurige mannetjie met sulke dik bo arms. Kyk toe die manne kom moeilikheid soek met hom en sy pelle daar op die berg toe piets hy sommer die man se oor af!!

Hy was ernstig oor sy pelle en sou sommer eerste slaan as die moeilikheid kom. Maar hy het seker geweet die ander manne sal ok inklim as dit moet. Hy was ok ernstig oor die groot baas en sy dinge. En ou Petrus het lyk my ok baie met sy voet in sy mond gesit. Hy het nie regtig omgegee oor ander goed nie en wat mense van hom dink nie.

As mens so na die ou se karakter kyk en dan terug gaan na die ontmoeting tussen hom en Jesus is daar dalk ietsie in opgesluit. En dit is vandag waar die inspirasie van kom om iets te deel. Iets te deel wat hoop gee. Iets soos 'n anker om aan vas te hou. 'n Herinnering aan dit wat jy weet waar is. Aan dit wat jy nog altyd diep binne in ou hart voel al lyk dit nie so van buite nie.

Dit is 'n koue oggend. Die branders se sproei oor die neus van die skuit, verdwyn in die hoendervleis op die kaal arms van die vissermanne. Die aas is ok nie meer duidelik sigbaar tussen die bloed blase op die manne se hande nie. 'n Moeg gesig tuur oor die deining waar paar mense op die kus wag.

Die boot skuur diep in die sand en kom dan tot rus. 'n Man nog so aan die goeie kant van 30 kom nader gestap. "Julle manne iets gekry?!" En ek dink die antwoord kom amper soos as oom Suipie daar by myl 30 niks vang nie. "Daar is f#@*L!!" Met skerp kykers vas op Petrus se gesig se die man, "gooi julle nette aan die ander kant uit"

Ek kan dink wat oom Suipie vir die man sou antwoord..... Maar Petrus se toe ja. En hier lê die sleutel tot vandag se gedagte. Ten spyte van wat hy beleef, weet hy dat daar 'n belofte is. Hy glo iets in die man se stem wat hom beveel om weer uit te gaan. En die res van die storie is geskiedenis

So praat ek met myself? Praat ek met jou? Ek weet nie. Maar die bottom line is....Hou aan met glo. As jy weet dat daar gesê is gooi die nette aan die ander kant uit, of bou 'n skip in die middel van die woestyn. Doen dit, en moenie dat enige iemand jou anders oortuig nie.

Ek dink dit is eers dit vir vandag.....

5.17.2011

Trou of Perde koop

Daar is so baie mooi praatgoed wat die ou mense gebruik het en ons so afgewater het. Soms gebruik ons die goed sonder om te dink waar dit vandaan kom en wat dit beteken. Van dit so mooi en ons het vergeet van dit. Die mooi wens van 'n boer wat vir jou sê: "mag dit reën waar jou skape wei."

En dan die geliefde "ek dink hy sit die pot mis" wanneer iemand nie mooi die saak na jou sin verstaan nie. Of om vir 'n man wat nie raak skiet nie te sê: "hy is so skeel, hy kyk homself in die oë". Daar is ook die wat meer op die man af is soos: "ag man gaan pis in die wind..."
Maar die een wat my aandag vandag geniet is: "trou is nie perde koop nie" - Nou weet ek dat neef Corniel trou sommer op 'n perde plaas!! Maar as skoonpa betaal moet jy ok nou nie die gegewe perd in die bek kyk nie. Nou ja ek dink die trou deel is nie so erg nie. Maar die betaling is nie soos perde te koop nie. Maar om gelukkig getroud te bly... Dit is 'n perd van 'n ander kleur.... vra die wat weet. Die wat vir ons kan vertel van 35 jaar se gelukkige huwelike en so meer. Dan hoor jy dit sommer......uit die perd se bek.

Om as deskundige bekend te staan op die gebied van gelukkige huwelik meen sommige mense dat ons darem die 10 jaar kerf moet verby. Ek is egter van mening omdat ek baie vinnig leer die laaste 5 jaar van ongelooflikke gelukkige huwelik spreek van ietsie wat ons reg doen...."Sak Sarel"

As ek dink oor dit is dit seker iets wat my vroukie reg doen. Want wat my aanbetref gaan dit klop disselboom!! Dit is so dat dit seker nie altyd net maanskyn en rose is nie. Maar ek voel dat daar paar beginsels is wat mens kan toepas. Voor ek nou die aap uit die mou laat, sommige van julle het net 'n kat in die sak gekoop en daar is geen salf aan te smeer nie. Ok alle grappies op 'n stokkie. Hier kom die waarheid.

Die beginsel van 'n sterk fondasie is dat die mengsel reg moet wees. Ek het nou nie die boukunde kursus heeltemal voltooi nie, maar ek weet dit het iets te doen met hoeveelhede in die mengsel. Teveel sand of teveel klip maak die fondasie swakker. Die fondasie is om te verstaan dat die huwelik 'n manefestasie is van dit wat Jesus vir sy bruid kom doen het. As ons begin om moeite te maak om dit te verstaan breek dit 'n nuwe dimensie oop van hoe die huwelik verrykend kan wees. As ons begin soek na die identiteit van die man en die vrou en waar die oorsprong lê van hoekom mens enigsins trou.

Dit werk soos om 'n gebou te bou. Want die fondasie bepaal hoe hoog jy die gebou sal kan bou. So wanneer ons voel ons het nou die plafon bereik..dan is dit nodig om terug te gaan na die fondasie en te kyk waar ons dit kan versterk om nog verder te kan bou. Ek wil nie in diepte in die fondasie ingaan nie, maar sal twee goed agter los. Jakobus 1:25 "Hy wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak. Nie vergeet het wat hy geleer het nie, maar dit doen. Hy SAL gelukkig wees in dit wat hy doen." So die sleutel is vir jou om dit te gaan soek. En as jy regtig wil verbeter, self die moeite gaan doen om te sien waar jy kan verbeter. Dit vat werk, maar as die ding eers aan die brand is, is dit baie mooi...
Die tweede ding is om in diepte te gaan kyk wat "die volmaakte wet" sê oor die huwelik en die oorsprong te verstaan van wat dit is. Dit is om te verstaan dat jou huwelik bring 'n vars aroma na die troonkammer en resoneer dit wat in die gees gebeur het in die fisiese wêreld. So om te verstaan dat daar krag in jou huwelik is en dat jy sal moet aanhou leer elke dag.

Dan laastens die praktiese deel. Elke hond kry sy dag en sommige 'n plekkie in die son. Elke huwelik gaan hier en daar deur 'n moeilike patch. Dit is belangrik om dan paar beginsels toe te pas en nie met jou broek op die kniee betrap word nie. Soms is ons knie diep in die moeilikheid en dit is dan wanneer hierdie knie gesprekke nodig is. Knie gesprekke is waar ons voor mekaar gaan sit en die probleempie wat ons huwelik aanval saam tackle!!
Die beginsels is om Nooit te skree nie, Nooit kwaad te gaan slaap nie, Nooit afbrekend te wees nie, Te kan jammer sê, Trots in die sak te kan steek, en die ander se punt te probeer insien. Dit klink nou soos 'n mond vol. Die einde van die storie is om mekaar met respek te hanteer en saam te streef na 'n beter plek. Om nie tevrede te raak met die plek waar jy nou is nie. Doen weer moeite man. Maak 'n romantiese aandjie met 'n bottel wyn op die stoep as die kinders in die bed is. Ja ek weet môre is 'n groot dag by die werk, maar net jy kan die verskil begin maak.

Ek sal altyd bly leer hoe om my vrou beter te hanteer. Ek sal nooit genoeg weet nie, en sal altyd bly jaag na 'n plek waar ons mekaar beter verstaan. Medestryders in die saak van 'n gelukkige huwelik!! Neem op jou verantwoordelikheid, maak werk van die saak en dra jou eggenoot op die hande. Vind uit oor jou rol as man, rol as vrou soos God dit bedoel het. Die koeël is deur die kerk.

So, oupa kobie het dalk bietjie aan my afgesmeer. En in sy woorde: " Nee man! Trou...die res is bysake." Dit is seker dan ok ironies dat hy nou juis met 'n bye boerdery begin op 94...Dit is 'n BYSAAK!!







5.09.2011

Loop op die water????

As ek kyk na die dag. Die oggend wat vars begin het, Maandag met sy eie nuwe challenges!! Lekker!! Alles sal reg loop vandag, ek gaan goeie besigheid doen, regte besluite neem, en eerlik wees. Ek sal wys optree en niks sal my faze nie!! Ek het nog gisteraand besluit om vandag in geloof te wandel en lekker tyd met Hom spandeer.

Hy kyk nog een keer terug en sien hoe Hy die mense wegstuur om terug te gaan na hulle huise. "Dit was 'n ongelooflikke dag" dink hy. Daar het 12 mandjies oorgebly nadat meer as 5000 mans kos gekry het en dit van vyf brode en twee vissies. Die dag was vars en vandag besluit Petrus om in geloof te wandel. Hy sal nie wankel en begin twyfel in wie hy is nie.

Ek gaan mos nou vandag na ek bietjie tyd in die woord spandeer en die storie van Petrus gelees het alles reg doen. Ek gaan in geloof wandel. Ek is so naby aan die Koning. En ek weet hierdie Koning wat ek dien sal vir my deur alles neem. Ek sal staande bly en kan op die beloftes loop voor my voete uitgepak. Alles gaan voor die wind...

Van uit die skuit kan Hy terug kyk en sien hoe die laaste mense die plek verlaat. Hy sien 'n enkel figuur eenkant toe loop om daar te gaan hurk  met 'n mantel oor sy hoof. Met geloof nou vars gestuur in sy hart,
met die wete dat alles sal goed wees en waar hy moet vertrou kyk hy op. Die seile bult wit bolle en alles gaan voor die wind....

Ek ry terug deur die strate en die taxi bliksem reg voor my in by die robot. Daar is nie parkering by Home Affairs nie en die sisteem is in elkgeval af. Die agent wat stadig suip aan die dik room wat oor sy koppie bol, vra my drie keer hoeveel ek bereid is om te betaal om hierdie probleempie op te los. Nadat ek die rekening betaal en ongemaklik voel oor die skobbejak wat nou my domicileaansoek doen, ry ek maar huistoe vir lunch. My dogterkie wil nie eet nie en gooi die pasta oor die vloer en op my broek uit. Ek vervies my vir alles en wil net terug kantoor toe waar dit stil is en ek alleen kan wees.

Skielik kan hy nie meer die figuur agter sien op die land nie!! Die wind het nou stil geraak en begin eintlik heeltemal verkeerd druk. Die ander 11 gesigte op die skuit spreek ok kommer oor die onverklaarde verandering in die weer. Dinge loop nie soos beplan nie en nou begin daar nog rusie op die skuit ok en in die binnekring.

Ek besluit om te vertrou!! Ek begin om Hom te herinner aan die beloftes oor my lewe. Ek sien so iets van 'n ligter noot. Ek sien ietsie bekend en besluit om uit die veiligheid te klim van dit wat ek ken. Om oor te gee en alles aan Hom oor te laat. Ek se Here as dit regtig jy is laat ek uitklim en na jou toe loop op die water.

Skuins agter die skuit sien hulle 'n figuur op die water. Eers is almal verskrik en dink dit is 'n spook. Maar dan die bekende stem. "moenie bang wees nie want dit is ek". Die een wat se naam beteken rots sê toe: "Here as dit regtig U is roep my dat ek op die water na U toe kom."

Dit raak deurmekaar want ek en Petrus sien skielik die wind!! Ons voel die onstabiele water onder ons voete. Die branders in sy ore en die 'grinder' van die ou reg onder my kantoor in myne wat sonder ophou ons gedagtes verdoem. Ons begin rond kyk en bang raak!! Ons sink!! Dit is teveel en ons sal dit nie maak nie. Die bitter smaak van die leun kom vind sy plek op die tong. Die sagte fluister van "jy het nie wat dit vat nie, jy gaan dit nie maak nie" - En terwyl ek hier skryf bel die mooiste jong vroukie......"Hi hoe ganit? ek bel net om te se jou dogterkie het jou hele nuwe kar bekots!!"...........

Nou ja my storie eindig vandag hier. So dit is seker nie altyd net maanskyn en rose nie. Maar ek herinner my aan 'n skrywe van "Atsetiete en die kaalbasse" en ek kies om te sê: " Here ek sal my kykers op U hou."
 Ek kyk terug en sien dat ek al op hierdie plek was.

Hierdie is nie onbekende terrein nie. Ek hou vas aan die kykers vol beloftes. Beloftes oor my lewe en my gesin. Ons verstaan nie altyd nie.. En ok nie altyd hoekom ons aanhou om uit te klim om na Hom te probeer loop en soveel keer val nie. Dalk is dit omdat ons weet iewers sal die bekende arms om ons vou en ons optel. Met sagte gesig wat vra hoekom het jy getwyfel? Hy weet dit gaan weer gebeur!!

Loop op die Water????
Verseker!!!


4.13.2011

Suurskater

Dit is soos op 'n movie. Die setting Windhoek. 'n jong man sit in sy kantoor. Dit is nog vroeg en die koppie koffie langs sy laptop maak ligte stoom voor die wye skerm verby. Die koue benguela voel jy vanoggend byt in die sy. Soos die bries van die oop skuifdeur in die sy knyp so op dieselfde plek waar hulle Hom met die spies gesteek het daai oggend. Dit is nou juis oor 'n week paasfees....en ek wonder

Die wit boerseun van Namibië lê agteroor in sy stoel. En eie aan sy karakter boerseun met 'n fasionable hoedjie op en twee dae oue baard, opgerolde pienk moue. Gesofistikeerd met die Iphone oorfone wat ingestel is op ligte "classical music". Met die eerste oog op slag sal mens seker wonder oor die sekuriteit?...

Dit is goed om vir jouself te kan lag. Dit is goed om te lag. maar daar is seker 'n tyd vir alles soos oom Salemo al lank al bieg. So van lag gepraat dit laat my nou dink....wanneer het ek laas gelag? Raak ons nie soms net afgestomp vir die lewe en te ernstig nie? Moet ons dan nie weer word soos 'n kind nie? Kan ons nie net weer om die tafel sit en skree, die trane affee en na die asem snak oor die storie, die gesig, die situasie? Dit is so aansteeklik, so mooi so lekker en ek leef weer.

Nuwe scene....2 weke gelede. Hierdie keer direk langs die koue benguela. Maar die keer eintlik sommer omring met die stroom. Die see rooi soos bloed van die Swakop rivier wat in die see loop. Was dit laas in 1973 wat hy geloop het? weer dink ek aan die significance van die kleur. Op die jetty 300 m in die see in staan die Jong boerseun. Die keer met 'n kleinkie op die heup terwyl hulle uitspattig skree en waai elke keer as die branders teen die rotse spat. Die mooi jong vrou wat hulle afneem en dan vinnig weer haar legkaart plek onder sy arm ineem om verder te stap na die punt.


In die hoek van die restaurant, nou beskut teen die elemente met die see in die agtergrond twee ouer mense en nog 'n gesinnetjie van drie. die kristal ligte skep meer 'n movie gevoel as hulle bewe soos op die Titanic elke keer wanneer 'n groot brander onder die restaurant deur woed en die 300 m af jaag strand toe!

Nou al agt bymekaar sit die geselskap in die hoek. Dit is wit wyn, vis en mosselpot en my hart loop oor!! Die kleinkind op haar ouma se skoot en met 'n soen en 'n blou oog gluur se sy geluk ouma... over 50 maar oumie kan nog jol soos 'n 38 jaige. En watse groter geskenkie as om die ligte trek te sien oor drie generasies heen.


Ek ruk jou terug na die realiteit en kom terug by die tema. Die kind gryp 'n stuk suurlemoen en druk dit in haar mond. Het jy al in jou lewe iets so snaaks gesien. Ek bars uit van die lag en kan dit nie keer nie. Die vermaaklikheid is vir die een jarige dogterkie so lekker dat sy dit weer doen, en weer, en weer!! En elke keer bly die gesiggie so trek en soos 'n spoeslang trek die kliere los en sy spoe my reg oor die gesig. Maar die trane loop al so van die lag en my hart klop in my ore!!


Wat is in dit vir my? Wat is in dit vir ons? Die suur en die lag? Die een wat bereid is om elke keer weer te byt om te sien hoe lekker ek lag? Wat bereid is om te drink van die suur sap. En die genot om te sien hoe ander dit geniet is vir haar genoeg om weer te byt. Dit is soos om van myself 'n grap te maak en aan die tafel saam te lag oor dit.


Dit is so ietsie van jouself gee vir die genot. Maar dit is tog belonend. En weer vir die derde keer vandag. Voor die haan nog kraai dink ek aan dieselfde tema. Ek wonder oor die dag......

Die spies, die bloed, die kruis, die kroon, die spoeg, die sacrifice....Die bitter pil om te sluk "MY GOD!! MY GOD!! WAAROM HET U MY VERLAAT!!? Die seer van die vader wat sy rug teen die sonde draai! Die bitter suur sap om te drink, die asyn. 

En dan die skatter lag. Die oop breek van my siel! Die oop breek van die dood! Die oop mond soos 'n oop graf. Die trane wat loop van blydskap en verstaan van die nuwe tyding. Die een wat die suur moes drink vir die vermaak van die ander. Dit is ewig, dit is volbring. En dit sal by my bly, die suur sap en die skatterlag.

ietsie eenvoudig, ietsie mooi? Maar besef dit in hierdie tyd. As jy om die tafel sit. Wees BLY!! Kyk in die familie om jou se vensters na die siel.. En lag! Lag want die dood is oorwin, lag want jy is vry. Lag want vir jou is duur betaal. Lag en moenie ween nie, want Hy het opgestaan!!

Geseënde paastyd

3.24.2011

Geluk

Sy sit en droom oor dit wat sy nooit sal sê nie..
Sy loer deur die harte se vensters van tyd tot tyd.
Hoe mooi is sy, die opgewondenheid!
Sy sluip deur die strate van 'n nuwe begin
Sy is die vliegtuig wat kom land!
Sy is die huis vol liefde en die mooi op 'n afstand

Soms is sy laat, en soms is sy met verlof
Jy sien haar skaars nou in Japan en in Libië se stof
Maar jy kan haar vind in die donker van die nag
Sy maak jou rustig en jou hart word ok sag
Sy is in die saal op Blacky se rug
Sy is in die waai van die wind, die glimlag van die kind



Dan stop ek met die rym en skryf net paar gedagtes. Dit is so dat die skrywe seker die dieper hart verteenwoordig. En dan is daar ok maar min eintlik nodig. Want dit is duidelik dat daar geluk le te midde van die remoer. Die strak gesig van die colonel en die roer van die waters. dit alles bly sleg. Maar op eie bodem het ons ok die treur ervaar!!

Boetieman weet niks van die Colonel nie. Hy weet niks van 'n tsunamie, Japan of wat dit is as die aarde skud. Die meeste water wat hy nog ooit beleef het was toe die Schaap rivier in vloed was, en die meeste skud was toe hy daar deur is met sy donkiekar!

Maar Boetieman het hartseer ervaar, boetieman het al geleef. Want soos die vrou wat haar munstuk verloor het, so het boetieman sy ander 11 kinders gelos om die kleinkie te versorg wat siek was. Maar anders as die vrou van die bybel, het boetieman sy munstuk verloor. Dit is seker tydelik, en hy sal hom weer terug kry, maar nie in hierdie leeftyd nie.

Ek sit op die stoep. Job sit langs my en ons praat oor die woord. Dit is vir my mooi, en hy is honger!! Honger vir nog en om te verstaan. Hy is nou 'n week lank 'n man van God! en dit gaan goed. Oubaas Harry dra vir ons elk 'n koffie aan, en ek vertaal Psalm 16 in Afrikaans. Ons dink aan Job se mede werker ou Boetieman...

En dan kyk ek op en soos die ps 16 verder lees. KYK!! die lyndraad het vir my in mooi plekke geval. Dit is vandag nie moeilik om te verstaan nie, want ons sit binne Kuwinamab se lyndraad. En dit is mooi. Ons trek die paralel, ek na my lewe en Job na sy eie. Ons is altwee gelukkig.... Soms verstaan ek dit nie, want slegte goed gebeur, en soms met ons self. Maar ek het die geluk al geproe.

Ek klim in my kar en skryf op my laptop, ek trek my duur klere aan en vertrou die Here vir ons nuwe huis. Job maak sy donkiekar se bearings reg, spoel sy onnie van gister uit en vertrou die Here vir nuwe bearings en 'n Bybel. Ons altwee vra vir wysheid en insig.

By die hek bid ons dan saam en gaan na twee verskillende werelde. Maar een ding is seker, ons dien dieselfde God en op grond van dit is ons gelyk. Ons vertrou vir vergifnis en 'n nuwe verstaan van die woord. elkeen in ons eie weg soek waar die pad is om te loop. ALtwee probeer om staande te bly teen die aanvalle.

Dit is interesant, mooi en snaaks. Maar vir nou verstaan ek waar le geluk!

Ek hoor nou haar sagte stem van content wees.
Ek verstaan die sleutel le in die gees
Rustig, vrede die veld en my mense
Drome in bubbles oor my kop vol wense

Hoe mooi is haar voete as sy kom kuier.

3.08.2011

Die loop en die doop

Hoe great is dit om te sien hoe jou ou kindjie haar eerste treekies gee. Jy besef skielik die nuwe moontlikhede, die gevaar, die avontuur!! As ek voor haar sit en sy begin versnel vinniger en vinniger om haar voeitjies neer te plak in ritme met my hart se klop! En dan om sonder vrees haar vorentoe te gooi en te val...want sy weet ek SAL haar vang.

Samet die doop beleef ons toe 'n nuwe ding! Die wat gereeld hier lees sal weet van ou Andrew en sy beplande doop. Die doop was toe nou hierdie naweek. En soos dit 'n witman betaam maak ek seker ek weet wat die manne wil doen en sorg dat hulle die program van die dag aan my voorlê. Ek dien mos nou al lank die Here...En ek wil hoor wat die kleurling pastoor gaan kwyt raak oor die doop ens.


En daar vroeg die saterdag more kom val die skille van my kykers af en ek besef....God kyk na jou hart man!! Hier is ou Andrew....En hy glo, hy glo vas dat die Here hom sal verlos van die slawerny van rook! En "the point of obedience is the point of power".

skoonpa vra my om 'n gensbok te skiet vir die okasie, maense kom van so ver as 700km vir die storie. En die Sondag oggend trek ons plaas boere daar af na die volk se huise. Ons bring ons eie stoele en val in die gemeente in. Ons trek weg en sing saam "die heilige trein is oppad! Dis 'n one way train, en het jy jou kaarkie!

Na lekker gesing bemoedig paar vrouens die man wat gedoop word met sang. So mooi in hulle eie taal sing hulle vir die man en profiteer oor sy lewe. Hy kry 'n nuwe amp "Brandwag" En dinge is besig om te gebeur op Kuwinamib.

Net een van die ander plaas werkers is ok daar. Ou Job sit en kyk strak voor hom. ao 10 jaar gelede het hy skape gesteel by die boer wat nou net skuins langs hom sit. Die koorkie hou op sing, en die pastoor se dat hy geleentheid soek om vir mense te bid. Daar staan Job op en se maar hy wil sy hart vir die Here gee!! My hart spring in my keel, en ek dink.... Hoe heerlik die lewende water! Hoe mooi is dit as iemand draai na die lewe!

Na Job samet een ander pastoor in die huis in is en gesels het oor bekering vra hy toe hoekom kan hy nie ok gedoop word vandag nie? En net daar doop ons toe vir Andrew en ou Job!! Ek staan verstom en sonder woorde. Die tong is uit my kies en ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie.....Maar God kyk na die hart. En ek sien weer hoe hy werk in gewone mense soos ek se lewens. Ek word aangeraak deur die eenvoud en die opregtheid.

Die feit dat ek regtig in die deur van die hoenderhok sit en die een met die kaal nek WEER deurloop onder die snawels en gekrap van 10 ander pla ok nie meer nie. En die pastoor vra my of ek sal help met die doop. Ek klim in die bad, en daar word Anrew en Job gedoop. Wat 'n mooi storie... Dit was great, mag ek dit nooit vergeet nie. Mag ons weer sien hoe God werk in elke dag! Wag op hom en moenie vergeet wat dit is wat saak maak nie!

Wilde hart

Nou is ek 'n voorheen bevoordeelde, huidig geseende man in Afrika.
Ons stap mos maar elkeen ons eie paaitjie...maar soms probeer ons so hard by die einde kom en vergeet om om ons rond te kyk. Ek ry die naweek 'n roete met my ou gesinnetjie sommer so 150 km suid wes van windhoek af. 

En soos ek terug ry na die dag in die son en op die kruin van 'n berg by Panorama kamp. Die reuk van vleis en braai vure aan my klere. Dit is die skatter lag van 'n bonneltjie vreugde wat my oë van die modderige pad trek na die tru speeltjie. In die middel 'n skelm laggie wat oor die bank loer en dan duik sy op haar mamma se skoot en skree van die lag.

Man wat wil jy nog hê!!? dit is wat die lewe oor gaan man! En dit is jou verantwoordelikheid. Elk van ons moet dit self gaan soek. Die kaarte is nie dieselfde nie. Maar daar is geluk!! Ou Petrus se in die eerste brief wat hy skryf dat die lewe nie altyd sal maklik wees nie! Hy se soms is daar bloeiende en gebroke harte hier op aarde. Maar dit is net tydelik. 

Terwyl dit nou met jou goed gaan!! of terwyl jy eintlik kan kies dat dit met jou goed gaan. Maak die memories...Create the moments! 

2.17.2011

OUBAAS

"Dink aan die rots waaruit jy gekap is". Dit is darem maar vir elke persoon iets om op trots te wees. Jou pappagaai lip, jou kleintoontjie wat wegkruip, jou min hare of jou blou oë. Dit is in jou DNA en dit kom van ver af. En dan is daar die maniertjies. Vir die van ons wat van buite af kyk is dit eenvoudig om die manarismes raak te sien, maar vir jou is dit soos tweede natuur..of is dit dan nou eerste natuur?


Ek dink vandag aan die Oubaas. Die groot akker boom wat langs die Jakhals fontein staan. By waters waar daar rus is met wortels diep geplant. Diep in die gees, en so diep sommer dat dit nie weer sal uproot en skuif nie. Die plek is so vrubbaar want dit is tussen Jakkhals fontein en Dronkword spruit. Mooi gebalanseer deur die twee waters van ons bestaan.

In werklikheid is daar drie rialiteite. Die interne die externe en die ewige. Nou ek kan maak wat ek wil. In die eksterne sal ek op die ou end seker al meer na my oubaas beginne lyk. So op daai vlak is ek ok geseend, want wie wil nie op sy oudag soos Heidie se oupa lyk nie? In die interne kan ons nogals verandering aanbring. Ons kan bepaal wat ons doen met die resources tot ons beskikking en hoe ons die beeld sal uitleef van dit wat ons intern erfaar en wat ons rondom ons beleef.

Maar die derde deel is 'n ewige realiteit! Dit is onveranderd, en die blueprint is klaar geskrywe. Nou bedink ek vandag 'n dieper ding en deel dit aan die wat dalk hier lees. Ek dink aan die uurglas wat uitloop. Ons almal se average verval datum is op 75. So hierdie oubaas het 20 jaar bonus gekry. En dan wonder ek wat is ek mee besig?

Wat doen ons elke dag? Tik die tyd net verby? En is ons besig om die storie te skryf? Skryf jy iets wat die moeite werd is om te lees? Trek dit mense aan of stoot dit af? Het ek iewers die plek beter gelos op aarde? Het ek 'n verskil gemaak? Het ek in elke persoon se lewe 'n verkil gemaak wat oor die krinkelpad langs gekom het?

Dit is diep?! Dit is vrae wat ons soms nie na wil kyk nie. Maar waar lê die sukses dan? Dit kan tog nie wees in prestasie nie? Dit lê in die eenvoudige goed wat so moeilik is om reg te kry. Hou ons die verhoudings met mense skoon? Maak ek my kinders met liefde groot? Spandeer ek genoeg kwaliteit tyd samet die een persoon wie ek die liefste het? Maak ek elke dag tyd om te kyk na die son wat sak of die maan?

As jy op bonus tyd is is jou uurglas uit. Dan is dit geleende tyd. Maar ons kan tog nie eers dan wil 'n verkil maak nie? Die rots waar ek uitgekap is is tog nie net my oubaas daar tussen die twee spruite nie. Ek is uit die ewige rots gekap. Dit is baie gesê en daar is ok baie te sê.

Maar die bottom line is. Moenie regrets hê nie. En op die ou end is daar twee dinge. Dit wat jy gedoen het wat in ewigheid weegalm. En die moments wat jy beleef het en na kan terugdink as jy in die bonus tyd is. En dan kan jy hierdie beginsels toepas soos my Oubaas. Op 75 toe koop hy 'n plaas by 'n oom van 60. Hy kom daar en noem die ou wat 15 jaar jonger is as hy oom en vra vir hom hoekom hy wil verkoop.

die oom sê toe vir hom hy is oud en oppad uit. En daar spandeer die Oubaas 20 GREAT jaar op die plaas en is steeds meer belese en vol nuwe planne as meest van ons. My create nog steeds elke dag die moments. Hy kan nie die son sien opkom nie, maar sit steeds en tuur in daai rigting met 'n lekker koppie koffie en hy geniet dit

The glory of God is man fully alive.

2.13.2011

Die Dordabis kiem

Dit is net na 14:00. My oe is dof en maak net die name uit op die ingeslote voubiljet op my bedkassie. Hy sê Adco Loperamide. Maar ek lees Adco - Loop-hy-maar-mild. En ek besef ek sal iets sterkers moet kry. Langs my voel ek die komberse ruk en hoor die deur klap. Agter op die pakkie staan "Stop die haas". En gelukkig het ons twee badkamers. Maar die probleem is ons is drie, want my dogtertjie het slegs een jaar beleef van die gebroke wêreld en toe tref dit haar ok.

Dit het begin met 'n goeie gebaar. Die ou mense was hier uit Kimberley en ons is toe oudergewoonte plaas se kant toe vir die naweek. Klein Riaan (die 5de van Job se kroos) is toe al twee keer by die kliniek op dordabis gewees. Maar oupa Rooi Willie is mos 'n dokter en hy sal na die mannetjie kan omsien. Sonder om nou myself voor uit te loop... of oor haastig te wees. Dink ek mos ons sal ongedeerd van hierdie kakastrofe afkom. Maar toe tref dit die kleintjie eerste.

Ek was die tweede wat gebuk onder die Dordabis kiem deurgeloop het. Of oorgeloop het. Dit is 'n gevaarlikke ding en hy gee jou nie geleentheid nie. Jy moet so vinnig wees om iets te keer. Dit is soos Pearl Harbour wat jy onder probeer keer maar 'n Tsunami oorompel jou in elkgeval. En dit terwyl jy nou net die babygro se knopies bemeester het, moet jy dit probeer toe kry en die haas gestop kry voor jou eie land ok ingeval word.

Dit was alles nog onder beheer... en soos ek dit sê weet ek dit maak nie sin nie so kom ons sê ek kon nog kop bo water hou want my beter helfte kon na die kind omsien en ek sorg dat ek nooit verder as 10 m van die badkamer is nie. Maar dit is toe ek hoor dat my vrou ok vergeefs roep na die eene George wie ek ok al so lank soek dat my gemoed in my skoene sak.

Sy kom in die kamer, ek wys met 'n bewerigge vinger na die arsenaal van ons skiet goed. Ons het hulle op 'n streep, Valoid, die een wat die haas stop, die versterk water en sommer Cataflam en voltarin vir die lyfseer van opspring hardloop vooroorbuk en crunchie met die maag. Dan vinnig lunge na die toilet squat op vlieg en weet jy het net 20 minuute voor die haas jou weer vang, of jy die haas moet jaag of wat hulle ok met daai bedoel.

So is Reynekes besig om te fight! dit is bloed en derms. My ma se jy kannie vir 'n ou wat naar is se jou gladde bek nie, en Jaco se dit was nou 'n vakansie om in die anale op te skryf. Al wat ek weet is dit is nie maklik nie. Arme ou Riaan!! hy was die eerste een wat moes buk onder die Dordabis kiem.

Aan ouma Sophie sterkte want ons weet die kiem het aan ouma se deur ok kom klop. En dit is soos 'n dief in die nag. Hierdie ding klop nie. Hy maak net oop, deure vensters en vents. Sonder om sy voete af te vee hol hy deur jou en die Tsunami bou net op.

Met die laaste gedagtes voor ek nou weer onder die komberse inkruip net om weer opgejaag te word op 'n tyd wat my nie pas nie sê ek sterkte Riaan, en Sterkte Job en Sophie op die plaas wat nie weggooi doeke het nie!!

Bottom line! Gee nie om wie of wat jy is nie. As die Dordabis kiem jou vat dan skyt jy!

1.24.2011

Spoor


Dit is 'n dik boek gewees en het my bietjie van die skryfwerk weg gehou.
In my "me time" was dit ek, die hoek en die boek. Oë wat flits en die bek wat kou.
Nou is die storie verby en ek dink oor die spore wat ek trap, wat jy trap.
Die paaitjies van denke, en drome van sê goed en idioome soos wildspaaitjies in my kop
Daar is raaisels in die boek en in my wat my los deurmekaar soos spore van 'n trop


Die gemsbok sin lyk soos 'n hartjie, liefdevol en sag getrap in die rooi duin sand
Maar dit is nie hy nie die spoor lieg!! Hy is hard en slim en pasop jy met geweer in die hand
Nou wonder ek waar het ek spore gelos wat vals was. Spore wat verkeerd praat.
Na die reën is dit duidelik want dit wat was is nou vergete, die jag, weghol, en haat

Nou begin ek verstaan hoekom die diere so mal is na die reën.
Dit is geleentheid vir nuwe spore en nuwe skrywe in die sand. Dit is wat dit oor gaan. Dit is hoekom ek so mal is oor die reën. Dit is 'n nuwe bladsy. Waar ons verkeerd getrap het kan ons nou weer reg maak. Ons kan sien wie was daar. Wie was die wat onlangs in my deel was van die veld. Jy kan hardloop huppel bok spring en vertel van die vreugde van nuwe lewe. Die gras word groen en daar is BAIE! genoeg vir almal.

Dit is nou die tyd. Dit is nou tyd van oorvloed. Dit is wat die spoor se. Dit lei na water. Ek skryf en kan nie stop nie. Dit maak vir my sin en ek besef die pad loop na die groot water. die rivier loop en die damme is vol. Dit is soos Hy se in die dik boek van die nuwe tyd na die oorlog waar die fonteine tot oorlopens to vol is. Dit is die pad wat ons moes loop.

Vir die wat dalk hier lees en nie verstaan nie vandag se skrywe maak vir my sin. Die spore oor my skerm wys die tekens aan van dit wat ek nie verstaan het nie. Namibia die droë dore land. Maar nou in 2011 met die aankoms van die Reynekes in WHK sien ons die verskynsel van Elnina. Dit is reën en nog reën. Dit is oorvloed van seën.

As die reën kom en jy is buite. Maak jou spoor. Moenie lieg nie en trap hom diep. Dit is 'n nuwe kans om te loop en die spoor te los op die pad wat jy wil loop. Op die regte pad. Sy reën kom was skoon en daar is nie meer 'n teken van waar jy verkeerd getrap het nie. Waar jy onder deur die draad gekruip het en buite die beskerming van die wild draad was! Jy het weer 'n kans om mooi te loop!

Nou begin ek verstaan waar kom die spreek dalk ok vandaan as ons mekaar sou groed in die mooie moedertaal van Afrikaans. Wat dit alles in hou en beteken. Ek wens dit ok vir jou en sê dit ok vir jou. Ek hoop jy kan oor dit dink en verstaan. Ek hoop jy ken jou eie identiteid en verander jou spoor en rigting om meer te lyk soos dit van die begin af beplan was. Ek hoop jy trap reg en dat ek jou spoor sal kry langs waters waar rus is.

Suanè begin ok nou stap!

Mooi loop!