Daar is 'n eerste keer vir elke ding, en ons weet gewoonlik nie hoe om dit te doen dan nie. Op die ou end is daar net die eind resultaat as bewys van die moeite wat in die ding inggesteek het. Die is maar trial and error. Ek sien hierdie jaar is nou amper op sy rug en ek dink aan die paar dinge wat ek vir die eerste keer probeer het in 2010. Ek sien resultate van probeerslae en hoor stories van ander mense.
Dan dink ek wat is dit wat my inspereer? Wat gee mens die drang om te skryf. Om ietsie te probeer vaspen. En as ek dit se besef ek dit is die antwoord. Ek wil probeer om dit vas te maak. Ek wil dit vashou en nie vergeet nie. Ek wil dit verewig. ak wil kan terug gaan na die skrywe en weer die gevoel beleef van wat my in die eerste plek geinspereer het om te skryf daai dag.
Gister was 'n eerste. Dit was klein Dawid Roos se eerste verjaarsdag. Ek staan op die berg by Brenton on sea. My linker arm is lam van Suane wat op hom sit en die regter le rustig om die Spreuke 31 vrou se skouers. Die whiskey sag en goud soos die moment as die son oor Buffels baai sak. Vandag kon ek sien en dit celebrate, 'n eerste verjaarsdag. Na die party by die Ark met die suikervlakke hoog in die klein aartjies kyk ek na die blou oog seuntjie met die blou knoppe oor sy kop.
Ek sien die resultaat en dink aan die groot boek. Hy het gekyk en gese: "Dit is goed".
Die moment is onvergeetlik. Die ouers staan hier skuins links van my en ek sien die tekens van nuwe lewe in haar silhoutte. Ek besef dit is 'n eerste van baie. Vir myself le dit ok voor, en is ek besig om die vader stryd dapper en heldhaftig te stry.
Hulle se dit raak makliker hoe meer mens iets doen. Ek hoop dit is so want die eerste keer se groet was maar hard. Daar is baie eerstes in baie van ons se lewens en ek dink aan vriende en familie in die laaste tyd wat dinge erg beleef het. Ek dink aan mense en sien die nuwe jaar vol van nuwe dinge. Eerste kere nuwe kere nuwe geure en lewe. Hoop geloof en Liefde.
Ek dink aan die oues soos Dewie en nuwelinge soos Emma. Ek sien uitdaings soos 'n 6down toer in skotland en nuwe werke. Ek dink aan besigheid en nuwe geleenthede. Dit is 'n nuwe blaai en 'n kans vir baie eerste kere. Ek dink aan die bree skouers van Lihan en 'n eerste jaar in Namibie. Ek dink aan eerste kuiers in Namibie van al ons vriende (Dit is vir my bietjie hartseer dat ek nie by al die eerste kere se stories sal wees nie maar ek sal dit darem hoor)
So op die bitter sweet trand van hierdie skrywe met beginne en eindes groet ek jou nou. Waar dit maar gedagtes is van die moments wat verby is. Waar dit vertel van vriende by die see sonder woorde. Wat weet........woorde kan nie beskryf nie. So is dit ok die einde van 2010 maar die begin van 2011. Eerstes is verby lesse is geleer en stories is gemaak. Mag jy in hierdie jaar besef wie jy is, wat jou identiteit is en LEEF om 'n verskil te maak. Maak jou oe oop om te sien wat jy het in hierdie kerstyd.
Wees die pen in jou eie lewe en laat loop met 'n ding. Skryf die storie met dit wat jy het op jou heel beste. Vir van julle is ek lief maar die ander weet ek nie.... Jy sal wel weet!
To the reader
Om te sien is 'n geskenk, obserwasie vernuwe denke
12.24.2010
12.17.2010
Atsetute en die kaal basse
Hulle se nog altyd eks bebreklik bebore of lisdeksies. Ek dink nie so nie ek is net kleur blind dis al.
Maar as jy vinnag lees dan vestaan jy wat ek se, en dit is die belangrikke deel. So ons gesels oor Atsetute en dit is nou nie Trieksie se spene nie! Nee dit is 'n manier van leef. As jou Atsetute reg is is jy op die wen pad.
Met die regte Atsetute is alles lekker. Alles is 'n fees. Dit beteken natuurlik nie jy moet die ergste verwag nie. Dit beteken jy moet die beste verwag. En dan as dit nie so gebeur nie. So what! step off it en droom oor die volgende ding. Die lewe kan ekstreem wees of dull en net jy kan dit bepaal.
Ek praat die naweek met ou Andrew. Hy boer op Kuwinamab as ons nie daar boer nie. En as ons daar boer werk hy daar. Ou Andrew is 'n ou man wat al baie gesien het in hierdie lewe. Hy het apartheid persoonlik beleef. Skoonpa het ok dit beleef net so lank soos Andrew maar hy was aan die ander kant van die beleef.
Die naweek het ons afsluiting op die plaas gehad vir die jaar. En voor dit eers gaan jag. Op die jag sit ek en Andrew toe op 'n tyd voor in die bakkie. Hy begin toe in my moedertaal uit die woord vir my paar dinge vertel en vertel my ok van die drome wat hy oor die laaste seve jaar gedroom het!! En daar dink ek ou Piet hier leer hierdie ou baster jou nou paar dinge van 'n book se cover!!
Want sy cover is 'n donker verumpelde leer vel met blink kykers in diep kaste onder 'n ougat hoedjie uit. Maar sy stap is vier trots en seker. Andrew die voorman van Kuwinamab word vir my Andrew die profeet van Kuwinamab.
Andrew wil graag gedoop word in 2011 iewers. Ek is genooi en mag selfs dalk die eer he om paar woorde te uiter. Dit sal 'n buitelug diens wees op die plaas en familie sal kom per donkiekar van die Dordabis omgewing.
En daar sit ons toe by die plaas jaarafsluiting. Oubaas Harry tussen Job en Andrew aan tafel, Sofie, Magdelena, die 17 plaas kinders en my sussie Elbie dans op die geklap van die Dammaras en die Namma mense se tonge vertaal in skud die kaal bas of is dit die kalbas?
Die Atsetute van al die mense wat daar werk en hoe Skoonpa elkeen met respek behandel. Sommer die kinders se skoolfonds betaal en hulle aanmoedig om skool klaar te maak. Man dis special! Dit is community en dit is anders as ons maar dit werk!
Na almal in hulle eie taal afsluit met die onse vader (hulle praat van "tjlonse tkla kliek") is ons huistoe en die volk is terug na hulle wonings soos die engele van Jacob se leer met hulle kersgeskenk kopligte in die donker maan. En ek dink......?
Die volgende dag is Boetieman weer by die skape, Magdelena in die kombuis en ek en Andrew in die jagveld. En as ons stop vir bietjie windpompsherry dan se hy die Here is goed. Hy vertel my die storie van toe hy gevra het. Hy vertel van toe hy gesoek het en gevind het. En die keer toe hy geklop het in sy blou jannas en stukkende vellies. Toe hy geklop het met sy rol twak wat uit sy mond gehang het en niks in sy sakke nie. En toe daar vir hom oopgemaak is en hy ingenooi is net soos hy is.
Dit was mooi dit was lekker. En ek lewe!! Dit is tog waoor dit gan. "The glory of God is man fully alive!"Soms is daar die reuse, maar ons sal op 'n ander keer oor hulle gesels. Vir nou en hierdie keer dink ons maar net aan Atsetute (Ek weet man mens skryf dit Atsetiete!)
Tot volgende keer!
12.09.2010
Van staanspoor na voetspoor
Vir die lekker geselsie en die wat op hoogte wil bly van sake.....
Die 15de Desember maak ons spore na die kaap
Daar is klein voetspoortjies op ons wit mat in die nuwe huis
Daar is 'n voetspoor langs 'n pofadder op die plaas.
Daar is voetspore ver uitmekaar net na die een langs die slang
(en dalk so klein piepie spoor hier en daar tussen die ver spore)
Spore van perdepote al oor die rand tot by kudu kop en
die bewyse van harde saals op sagte boude
Daar is paar kudu en gemsbok spore nou ewig weg is.
Die snotspoor teen die venster en die klein handjie spore op die bank
Die Reynekes van Namibia is van plan om paar diep spore te trap hier. Dit is nie maklik om te trek nie en die nuwe land nuwe mense en nuwe uitdagings is wild! Maar al wat ons doen is dag vir dag volg jy in die voetspore wat jy WEET jy moet loop.
Want My woord sal 'n lig wees vir jou pad en 'n lamp vir jou voete.

12.03.2010
Uit die staanspoor
Die Engelse.....
From out of the standing footprint. Hulle se 'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig.
So uit die staanspoor skryf ek hier paar woorde neer.
Ek sien uit die bed 'n geel vink
Ek voel self bietjie vermink
Hy bou ok nou sy huisie
Ons elkeen doen dit vir 'n meisie
So van uit die staanspoor trek ons toe gister in ons nuwe plek.
Ons pak bokse uit, ons drink koffie drink shampers en een wil heeltyd die vloer lek
In die 37 grade loop Asser en Meneer met die klavier op teen die koppie
Kom in die huis en trap oor bokse versigtig vir die kruipende poppie
Na 19 trappe bewe almal se almal se bene
Intussen probeer ons nog uitvind oorTrieksie se spene.
Maar beddens is opgemaak en die Thule se bier is koud
Ons plekkie is tussen die koppe in die veld
Laas naweek die skiet ek 'n kudu in die Boud!
Ons het alles en minnerige geld
Uit dit lei jy seker af dit gaan met ons goed. Ons is gelukkig en karring aan!
Maar na gister se vier jaar anniversary en die terugdink oor die laaste 4 jaar mis ons die Valley! en die maaitjies!
Die kamers is gereed en ek reel 'n visvang trip tot teen Angola se grens in April vir die wat wou weet!

11.09.2010
Een
Ja dit is nou een week, een gemsbok, een klein dogtertjie wat kruip, een trip Tsumeb toe, een trip plaas toe, een vleis (per elke maaltyd).
Een rand in my sak en een liter petrol in my tank. Een iphone, Een spietkop en een aan altwee kante van die vyf is die spoed gewees! Een keer los gekom. Een buisie brandboud salf opgebruik. (Vir Suanè)
Maar dit was een goeie week en baie meer as een seëning in my lewe. Daar is steeds net een vrou in my lewe en sy is die een vir my. Daar is ok net nog een kind in my lewe. "ons sal ma sien hoe lank dit hou" - ons stem nog nie heeltemal saam oor hierdie aspek nie.
Oubaas Harry en ouma Alta is goed vir ons hier in die Nam woestyn. Ons woon vir nou nog hier by hulle en hulle skop dam nog nie die honne nie - wel nie meer as gewoonlik nie!
Oupa kobie reken die nam planne is nie die beste ooit nie. Hy dink medies is nou die antwoord vir my! hy het darem een ander offer gemaak. Ek kan liewer sy beeste as naweek boer kom oppas. Oupa reken hy sal my R400 'n maand gee dan moet ek na sy boerdery kyk!!
Hier met ons ou beesies gaan dit goed en die naweek wat kom werk ons die speen kalwers.
Moenie worry oor ons nie!! Dit gaan goed nou nog. En ek los julle met 'n foto om te bewys!

10.30.2010
Die Kas
Nig Mariette en nig Madel sê ek hou die kas toe. Wel die kas wil nou beginne oop gaan.
Ek sal more moet TATA sê en het hierdie ding al probeer uitstel so veel moontlik.
Suanè kan nou al waai so ek sal more net by haar moet afkyk en dan sal ek ok wees.
Ek loer in die kas en sien die goed wat ek gaan mis.
Ek sien vriende wat tot laat in die nag bokse plak en kaste uitpak.
Ek sien die MAMBAS en die prams
Die pers stad en die harlequins ligte
Vanaand dink ek nie te veel nie. Ek toor nie met die woorde nie. Ek tik bladsye en vee dit weer uit. Ek wil baai sê ek wil dankie sê ek wil smeek dat mense kom kuier. Ek wil nostalgies raak en vas hou aan dit wat ons nou het. Ek wil dit verduidelik en vertel hoe goed dit is. Ek probeer om dit alles in iets te sit wat mens kan lees of hoor.
Maar soos baie van julle weet berus ek graag by die gesegdes van oud.
"Ek staan sonder woorde" - en my kas is oop
10.02.2010
nuwe horison
Ek skryf hierdie een in my moedertaal wat ek so lief het. Dit is geselsies, braaivleis, veld, son, boer, beeste, oom en tannie, partytjie en pret. Ek dink vandag voel ek om so te skryf want hierdie is vir die wat my ken. Dit is vir die wat weet hoe ek voel oor die punt van Afrika. Wat weet hoe ek die grond lief het en wat weet hoe dit is om te hoor: Blou Bulle! Wat van 'n Maders of 'n Helgas? Is jy in vir touch maandag?. Vir die wat weet hoe ek van Donderdag aande touch 'n petalië kan maak.
Vir die wat al Kimmas toe was. Vir die wat die groen audi gevoel hardloop het. Vir die wat vir Dewald sien ski het. Vir jou wat al by sandrivier gaan braai het en op iphones moes sit en rond kyk! Vir jou wat al op Botchabello gekamp het. Vir die wat weet hoe ek voel oor hulle. Vir die wat soms gebel het tot laat in die nag. Vir die wat gegee het en die wat gekry het. Vir die wat weet waar Melk straat was. Vir die wat soms 'n dik sigaar gerook het op spesiale aande. Vir die wat al voor my kaggel gesit het. Vir die wat groenkloof se basketball bane ken. Vir die wat weet waar affies se gym was. Vir jou wat Swakop toe gery het vir die troue. Vir jy wat weet waar Doxa is. Vir die wat 'n skêr kon hardloop en die wat vir ons bid.
Ek skryf vir jou wat weet hoe dit lyk as die pers stad ons groet. Vir die wat weet dat dit dan te laat is om te begin swot. Vir die wat weet waar is die lodge. Vir die van julle wat bassmaster hemde dra en selfs paar keer die governs gedokter het op Moyo se motorfietse. Vir die wat weet waar is Jakkhalsfontein en die wat my terugbestuur het van die bierfees. Vir die wat Tyson se toertjies ken. Vir die muffin panne en die spyker koppe en vir die wat al by Just lanmb vleis gekoop het. Vir die wat weet van die kaap trippie en vir die wat in die bar gesit het. Vir die wat weet wat in my gang teen die muur gehang het! Vir die wat deel geneem het en weet hoe lyk die horison. Vir die wat al die son sien sak het oor die Rietondale parkie.
Ek skryf vir jou!
Het jy al gesien hoe lyk dit as die son opkom oor Windhoek? Het jy al die son sien opkom oor Swakop se visstokke? Het jy al gesien as die gemsbok se horing blink dou voor dag op die horison?
Dit is my nuwe horison......Kom kyk tog paar keer!!

10.01.2010
Opening Statement
My view is not your view, but my view is the correct view if viewed from my point of view. This is only my perspective and you might have a different viewpoint on this matter.
But to view the object from the side gives insight on what it would look like from the top. Especially if you have seen it from the top before. I had a perception on what my marriage would look like, but this was while looking at it from the front. Now after the four best years of my life I have a side view. It is more striking than ever!
My wife has this amazing ability of looking at our life. That is her point of view. But with her standing on her pedestal looking at life and shouting out what she sees made see life from her point of view! It is as though my life is being amplified by her company.
I wish this for all out there. To be and have someone as amazing, that fit so secure. My view on this issue is that it is possible for all. But it takes some training. To be able to view an object and life from different perspectives takes getting out of your comfort zone. It requires being able to close your own eyes and listen to the view from someone els and measure it against your own view.
To all who might stumble across my blog. May you find a perspective and sensational view by seeing life through my eyes.... or reason that you are better of with your own perspective.

Subscribe to:
Posts (Atom)